kategorieë: Bekendes

Helena Christensen se wêreld

Helena Christensen, een van die oorspronklike supermodelle, het in die jare negentig saam met Linda Evangelista, Christy Turlington, Cindy Crawford, Naomi Campbell, Elle Macpherson en Claudia Schiffer as die Manjifieke Sewe bekend gestaan. Hul gesigte het op glanstydskrifte soos ‘Vogue’ en ‘Harpers Bazaar’ gepryk. Vandag is Helena op 47 ’n talentvolle fotograaf en ma van ’n 16-jarige seun, en ook die ambassadeur vir Nimue Skin Technology.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe voel jy daaroor dat die jong modelle sosiale media soos Instagram gebruik om hulself te bevorder? Hoe meer aanhangers hulle het, hoe groter is hul kans om kontrakte los te slaan.

Dis ongelukkig hoe dinge nou werk. Ek is net dankbaar dit was nie in my era so nie en dat ek steeds werk kry, ongeag van hoeveel mense my op sosiale media volg. Alles gaan oor valse gewildheid en geld. Ek het respek vir die mense wat naam gemaak het voor sosiale media bestaan het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dink jy sosiale media het ons persepsie van skoonheid verander?

Ja, die een goeie ding wat uit sosiale media gevloei het, was dat dit mense se persepsies van skoonheid verbreed het. Dit het ruimte geskep vir groter diversiteit en meer uiteenlopende voorkomste word nou aanvaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou beste en slegste skoonheidsgewoontes?

Ek vergeet gereeld om sonskerm aan te sit, maar ek sorg dat my vel altyd gevoed en bevog is.

Wat is jou gunsteling-skoonheidsprodukte?

Nimue Super Hydrating Mask, Nimue Exfoliating Enzyme en die Nimue Eye Make Up Remover. Ek gebruik die masker op die vliegtuig wanneer ek reis, of as ek by die huis werk. Ek is mal oor die gevoel van ’n luukse produk op my vel, en dis fantasties om die resultate ná die tyd te kan sien. Ek is nie baie geduldig as dit kom by velsorg nie – ek wil dadelik resultate sien! Ek was so beïndruk deur Nimue, ek het my ma en suster ook oortuig om dit te begin gebruik.

Wat is die grootste skoonheidsfoute wat vroue oor die algemeen maak?

Kyk na jou gesig in goeie daglig voor jy die huis verlaat. Moenie te veel grimering aansit nie, en los die poeier heeltemal uit. Dit kamoefleer net jou natuurlike glans en laat ’n mens ouer lyk.

Wat is jou beste skoonheidsraad?

Laat jou vel se natuurlike glans en skoonheid deurskyn eerder as om dit weg te steek.

As jy net drie minute het om te grimeer, wat sal jy doen?

Ek sal rooi lipstiffie aansit. Chanel Rouge Allure Velvet in Le Fascinate is my gunstelingskakering. Dit kikker my gesig onmiddellik op.

Hoeveel tyd bestee jy soggens aan jou skoonheidsroetine?

Ek was my gesig, gebruik opknapper en vogroom. My grimering bestaan uit ’n bietjie verbloemer, roomblosser en lipsalf. Die hele proses duur seker so tien minute. Ek het my grimering baie vereenvoudig. Ek het geleer om my natuurlike vel en sproete te waardeer, en Nimue se produkte het my veltekstuur en -toon soveel verbeter dat ek die minimum grimering nodig het.

Hoe bederf jy jouself?

’n Warm bad waarin ek vir ’n uur of meer kan ontspan, gevolg deur ’n voedende lyfolie wat ek oor my hele lyf masseer, help my om saans te ontspan.

Watter produkte is altyd in jou grimeersakkie?

Roomblosser, lipglans en oogomlyner.

Hoe bly jy fiks en gesond?

Ek boks al ’n paar jaar. Danksy die intense oefensessies kan ek ook eet wat ek wil. Ek het onlangs joga ontdek, en dit laat my dadelik kalmer voel. Oefening maak my sterker, maar maak ook my kop skoon. Ek moet my dwing om te gaan oefen, maar agterna voel ek altyd beter.

Wat is die beste advies wat jy tot nog toe gekry het?

Ek wag nog daarvoor!

Watter loopbaan sou jy gekies het as jy nie ’n model geword het nie?

’n Voltydse fotograaf. Op die oomblik doen ek albei werke. Ek is mal daaroor om vroue af te neem – ons kan op dieselfde foto sterk en kwetsbaar lyk. ’n Sweempie emosie op iemand se gesig kan so baie verklap.

Wat is die grootste skoonheidsfout wat jy al gemaak het?

Frosted pienk lipstiffie en ’n slegte perm toe ek ’n tiener was. Dis nie ’n goeie kombinasie nie!

Watter advies sou jy jou jonger self gegee het?

Gaan slaap vroeër, juffrou! Ek glo genoeg slaap is die beste skoonheidskuur. Ek kan regtig die verskil voel en sien as ek goed geslaap het. Ek maak ook ’n vars sap van komkommer, rooi en groen soetrissies, aalwynsap, pietersielie, ment en ’n appel of peer. Dit verfris my en gee my energie.

Hoekom het jy besluit om saam met Nimue te werk?

Toe hulle my nader om hul ambassadeur te wees wou hulle seker maak ek hou regtig van hul produkte, daarom het ek dit ’n jaar lank gebruik voordat ons begin saamwerk het. Die doeltreffendheid van Nimue het my oortuig dat ek dit wil doen, en dit was ’n uitstekende manier om hul produkte te leer ken.

Helena se wêreld

Helena is op 25 Desember 1968 in Kopenhagen, Denemarke gebore. Haar ma is Peruaans en haar pa ’n Deen.

Omdat sy op Kersdag verjaar, het haar gesin Kersfees altyd op 24 Desember gevier sodat Helena ’n behoorlike verjaarsdag kon hê.

Helena het aan skoonheidskompetisies deelgeneem en het Denemarke in 1986 by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig.

Sy was een van die oorspronklike Victoria’s Secret Angels en het in van hul eerste televisieadvertensies verskyn.

In die vroeë jare negentig het Helena vyf jaar lank met musikant Michael Hutchence van INXS uitgegaan.

Sy en die akteur Norman Reedus (van The Walking Dead-faam) het ’n 16-jarige seun, Mingus Lucien Reedus. Sy verdeel haar tyd tussen Kopenhagen en Manhattan, New York. Sy het ook ’n huis in Monaco gehad wat sy verkoop het.

Nimue Skin Technology Age Intelligent-reeks

Die reeks is spesifiek ontwikkel vir verbruikers ouer as 45 wie se velle deur omgewingskade verinneweer is, en wat tekens van veroudering soos droogheid, dehidrasie, plooie en verlies van elastisiteit wil bekamp.

Kliniese toetse het bewys dat hidrasie, fermheid, elastisiteit en die voorkoms van plooie binne 14 – 28 dae verbeter nadat jy die Nimue Age Intelligent-reeks begin gebruik. Die reeks bestaan uit ’n dagroom, nagroom, gesig- en oogserum.

Kyk by nimueskin.com vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

4 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

10 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

11 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.