Jy benodig ’n groot stuk kaasdoek van sowat ’n halwe meter, in 2 ewe groot dele gesny
Instructions
1 Lê die twee groot stukke kaasdoek oormekaar in ’n vergiettes en plaas oor ’n glasbak. 2 Verpulp die tamaties en sout in ’n voedselverwerker. Gooi die verwerkte tamaties op die kaasdoek in die vergiettes en laat staan vir 8 uur in die yskas sodat die tamatiesap deursyg. 3 Verwyder die tamatiepulp en geur die tamatiesap met sout (proe eers!) en peper indien nodig. Sit in die yskas tot benodig. 4 Bykos: Skil die ryp tamatie: Sny ’n kruisie aan die onderkant, sit in ’n bak en gooi kokende water oor die tamatie. Laat staan vir 1 min. Sit in ’n bak yswater en trek die skil versigtig af. Sny in kwarte en verwyder die pitte. Sny in blokkies en hou eenkant. 5 Voeg die komkommer, soetrissie, avokado, suurlemoen- en lemmetjiesap en sprietuie by die tamatie. 6 Meng die gazpacho-garnering deur die tamatiesap en verdeel tussen glase. Sit yskoud voor.