kategorieë: Reis

Heilige plekke op jou voorstoep

Die reuk van boegoe en ander kruie vul die lug en ritmiese dreunsang en melodieë is hoorbaar. As jy uitkyk oor die vallei vanaf Peersgrot is dit nie moeilik om te glo dat mens dit eens kon ervaar nie. Potskerwe is sigbaar tussen die rotse en antieke klipgereedskap is hier gevind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Heilige plekke het wêreldwyd betekenis vir baie kulture en die Tafelberg Nasionale Park is geen uitsondering nie. Bewyse van vroeë lewe, van klipwerktuie en rotstekeninge, is by die meeste van hierdie plekke gevind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Onder die spesiale plekke wat in die park beskerm word, is Peersgrot, ’n antieke begraafplaas en eens die tuiste van mense wat duisende jare gelede in die gebied gewoon het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Heilige terrein

Dit is ’n heilige terrein wat eerbiedig en beskerm moet word. Baie van hierdie plekke het spirituele betekenis of simboliek, maar kan ook ’n spesifieke geografiese of astronomiese oriëntasie hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is belangrik om hierdie plekke te bewaar, sê Ishmael Ishsaqua Sabodien, ’n veldwagter by die Heilige Plek Vereniging. Namate die samelewing moderniseer, kan tradisies vir ewig verlore raak.

Ishmael Ishsaqua Sabodien


Spiritualiteit

Die grot is deur Victor Peers en sy seun ontdek toe hulle ’n aantal menslike oorblyfsels ontdek het. Nadat hulle in Mei 1927 met uitgrawings begin het, is meer as 14 menslike geraamtes opgegrawe. Afgesien daarvan het hulle ook fragmente van menslike been, stukkies tou, ornamente sowel as swart pylkoppe gevind. Hierdie items bevestig die bestaan van grotbewoners gedurende vroeër tye.

’n Skedel wat deur ouderdom verdonker is, is op ’n dieper vlak in die grot ontdek. Dit het behoort aan iemand wat ongeveer 15 000 jaar gelede aan dié kus gewoon het. Die skedel is die grootste uit sy tydperk tot op datum.

Volgens Dean Liprini, stigter van die Heilige Terrein Vereniging, toon Peersgrot ’n groot spirituele betekenis. Rotstekeninge is nog sigbaar en maak dit een van die mees suidelike rotskuns-terreine in Afrika.

“Soos alle grotte is dit is soos ’n reuse baarmoeder,” verduidelik Liprini. Afgesien van net ’n skuiling, is daar twee klip-bewakers van die grot (in die vorm van rotse). Een kyk opwaarts na die hemel, terwyl die ander horisontaal oor die vlaktes tuur.

Hemelvaart grot, net ’n entjie weg, is ’n kwartsiet-tonnel wat glo vroulike vrugbaarheid verteenwoordig aangesien dit die vorm van ’n groot geboorte kanaal het. Hierdie tonnel is gevorm deur gekristalliseerde kwartsitiese-sandsteen, wat glo spesiale eienskappe het.

Liprini meen dat die spirituele belang van die grot tydens die somersonstilstand vergroot aangesien dit in lyn is met die son wat sak.

Staproetes

Indien jy Peersgrot wil besoek, kan jy ’n betreklik kort staproete volg. Dit is geleë in die silwermyn-afdeling van die Tafelberg Nasionale Park. Jy kan die grot bereik via die Vishoek-sportvelde. Toegang van Vishoek is moeiliker want jy moet sandduine en ’n paar steil hellings uitklim.

Afgesien van Peersgrot daar is ’n aantal van die ander heilige plekke in die park versprei, elk met sy eie stories en belang.

Vind meer uit by: www.sacredsites.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.