Ek is net ’n feminis tot my motor se band bars, dan soek ek ’n man wat kan. Daar is niks erger as om voor te gee dat jy weet wat jy doen, terwyl jy eintlik net jou klere vuil smeer nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }In teorie kan ek ’n band omruil en selfs die fanbelt met ’n sykous vervang. My pa het geglo dat dit van kardinale belang is dat ek dit moet kan doen. So het ek twee Saterdae opgeoffer vir “help-jouself-lesse” waar my pa entoesiasties gewys het hoe mens dit doen. En ek moet sê, dit het baie eenvoudig gelyk! Ek was seker ek sou dit kon baasraak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }So gebeur dit dat ek my eerste pap band alleen tussen Brits en Pretoria kry. Nie dat ek benoud was nie, inteendeel, ek is mos ’n verligte vrou wat toegerus is met die nodige kennis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }So grou ek die spaarwiel en oplig-ding uit die kattebak en pak ek klippe agter my ander bande sodat die motor nie vorentoe gaan nie. Daarna het ek tien minute lank gesoek na daai lang pyp-ding wat skerminkels altyd in flieks gebruik om motorruite te breek. Nadat ek uiteindelik al die nodige toerusting bymekaar het, stel ek die oplig-ding op. Sommer vining beweeg die motor hemelvaarts en ek begin myself al gelukwens. Wie het ’n man nodig as jy dit self kan doen? Wel, dit blyk toe, ek het.
Ek kon om die dood nie die moere op die band loskry nie. Dit was of die Hulk dit self vasgedraai het. Uitasem en mislik bel ek my ingenieur-in-wording boetie. “Dis eenvoudig, maak net gebruik van hefboomkrag”, lag hy. “Ek is 1.57m lank en die draai-ding seker 30cm, nie een van ons het hefboomkrag nie,” skree ek terug. So besef ek die vet is in die vuur, ek sal maar ’n man moet bel, gelukkig dat een van my vriendinne se man vreeslik handig is. Binne ’n skrale tien minute is my motor weer padgereed en is die man se hande skaars vuil gesmeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Seker so maand later vertel ek my ma van die insident. Sy lag so erg dat ek bang is vir ’n aardbewing. “Dis nie asof ma bande kan omruil nie,” wip ek my. “Maar ek hoef nie”, antwoord sy. “Wanneer ek elke aand jou pa se bord kos voor hom neersit, is dit reg vir eet. Ek pak nie die bestanddele uit op die bord met ’n resep by nie. So weet jou pa dat wanneer iets fout gaan met een van die motors, help dit nie om vir my instruksies te gee nie, hy moet die uitsorteer. Ek het nie klasse nodig nie, ek het ’n man.”
Mmm, dink ek na die tyd. Hierdie plan kan vir my werk, ten minste het ek vir Woolies, sou ek vasbrand.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.