Heerlike wyn-etes vier sjef en wynmaker se talente

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dash Restaurant sal elke maand saam met ‘n ander wynlandgoed vir sy wyn-aandete saamwerk, wat uit ‘n spesiaal-ontwerpte spyskaart om met die wyne van die gekose landgoed te pas, bestaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Jou tafel wag by die intieme Dash Restaurant die V&A Waterfront-gebaseerde luukse Queen Victoria Hotel.
Die hotel en restaurant se mure spog met die allermooiste kuns.

Dash Restaurant se uitvoerende sjef, Terrence Ford, werk vir elke ete met die wynmakers van die landgoed en met die aandete is daar ‘n verteenwoordiger van die landgoed om gaste deur informele wynproeë te lei en enige vrae te antwoord.

Terrence en sy span werk baie nou saam met Newmark se groep-sommelier, Marlvin Gwese, wanneer hy wynplase kies om mee saam te werk vir die maandelikse wyn-aandetes. Hy vertel: “Ons kies landgoedere wat reeds op die Dash-wynlys verskyn en ons bestaande vennote is. Die geselekteerde wynplaas moet ‘n diverse reeks premium wyne produseer, wat aan sjef Terrence ruimte kan bied om opwindende, pasmaat geregte te skep wat gaste uit hul huise sal lok vir ‘n gesellige winteraand van wyn en eet in die restaurant.”

Dash Restaurant se uitvoerende sjef, Terrence Ford, berei die volgende gang in die kombuis.

Die eerste van dié aandetes is onlangs saam met Iona Wynlandgoed in die Elginvallei gehou. Dis Suid-Afrika se koel-klimaat wynstreek, wat stadige rypwording in die wingerde verseker en uitstekende wyne lewer. Dit lewer die perfekte suur-balans en laer alkohol in wyne.

Iona lê sowat 420 m bo die Atlantiese Oseaan en word omring deur 3000 ha van die UNESCO-gesertifiseerde Kogelberg-biosfeer, wat 1600 plantspesies insluit, wat dit die mees blomme-diverse streek van die planeet maak.

Die boerderytegnieke op die plaas, wat aan Andrew en Rosie Gunn behoort, is ook volhoubaar en word verskeie handmetodes word aangewend om te verseker dat die wingerde en grond so natuurlik as moontlik bewerk word. Alles in die wingerde word per hand gedoen. Andrew het die plaas, Geelbeksvlei, in 1997 gekoop en besluit om dit na die Iona-eiland in Skotland te vernoem. In 2021 het hulle die 21ste vrystelling van hul eerste wyn, die Iona Sauvignon Blanc 2001, gevier.

Iona is beplant met Sauvignon Blanc, Chardonnay, en Pinot Noir. Die plaas het 20 families waarvan sommige meer as 35 jaar diens het en hulle is ook almal aandeelhouers in die plaas.

Die nabygeleë Brocha-plaas, wat aan Rosie behoort, is die oorsprong van die One Man Band (‘n versnit van Shiraz, Mourvèdre en Petit Verdot) en Solace (Shiraz) en is ‘n 15 hektaar bewarea met fynbos en vyf hektaar Nguni-beeste. Hier word biodinamies geboer.

Die eienaars van Iona en Brocha, Andrew en Rosie Gunn.

Gaste kon in die intieme ruimte elke wyn en kosgang by hul eie tafels geniet, terwyl die Jacqui Henderson, ‘n Kaapse Wynmeester en nasionale verkoopsbestuurder van Iona, meer oor elke wyn vertel het.Sy het onder meer gesê dat die span by Iona poog dat die wyne die uniekheid van elke oes verteenwoordig en ‘n ware gevoel van plek oordra, sonder te veel inmenging van die wynmaker se kant.

Almal het die aand afgeskop met die Sauvignon blanc wat met Vietnamese garnale, guacamole, lemoen gastrique en brioche bedien is. Die tweede gang was botterskorsiesop, miso varklies en gefermenteerde kohlrabi wat met die landgoed se Pinot Noir bedien is.

Almal het die aand afgeskop met die Sauvignon blanc.
Die Sauvignon blanc is met Vietnamese garnale, guacamole, lemoen gastrique en brioche bedien.

Die beeshaas, baby uie, geroosterde murgpampoentjie en gepekelde mostertsaadjies is met die One Man Band bedien.

Die tweede gang was botterskorsiesop, miso varklies en gefermenteerde kohlrabi wat met die landgoed se Pinot Noir bedien is.
Die beeshaas, baby uie, geroosterde murgpampoentjie en gepekelde mostertsaadjies is met die One Man Band bedien.

Vir die soettande was die nagereg natuurlik ‘n ekstra hoogtepunt: creme brulee, gekaramaliseerde pofkoring, esdoring-gegeurge bloubessies en lemoen creme fraiche roomys. Dis met die Iona Noble bedien.

Vir die soettande was die nagereg natuurlik ‘n ekstra hoogtepunt: creme brulee, gekaramaliseerde pofkoring, esdoring-gegeurge bloubessies en lemoen creme fraiche roomys. Dis met die Iona Noble bedien.

Vir die laaste gereg, waar ‘n verskeidenheid kase met ietsie soets geniet is, kon gaste weer hul gunsteling-wyn van die aand aanvra.

Die twee spog-wyne, die Pinot Noir en One Man Band, is net voor aandete oopgemaak om effe asem te haal.

  • Die volgende wyn-ete is op 30 Augustus met Hazendal wynlandgoed buite Stellenbosch, waar gaste vyf gange kan geniet, wat met die Hazendal Cap Classique, Chenin Blanc, Cabernet Sauvignon, Rosé en Chardonnay gepasmaat sal word. Vir dié uithaler-geleentheid het Hazendal se wynmaker en wingerdboukundige, Neil Strydom, saam met Terrence gewerk om ‘n pasgemaakte vyfgang-spyskaart te skep wat ontwerp is om Hazendal se premium wyne aan te vul.

Die spyskaart vir die volgende aandete op 30 Augustus, wat saam met Hazendal gehou word.

Kom voor sononder vir ‘n drankie by die kroeg, waar ‘n mens panoramiese uitsigte oor Tafelberg en die Waterfront kan geniet, voordat jy na die intieme eetkamer beweeg om hierdie spesiale aandete te geniet wat ‘n persoonlike aanbieding van die wynmaker insluit. Die kaggel brand, die glase is gepoets en die span is reg vir jou.

En as die aand te jolig word, slaap oor en word wakker met die seelug en klank van seevoëls wat deur jou kamervenster dryf. Die hotel is enkele minute van die V&A Waterfront en ontbyt met uitsigte oor die stad en berg, is net die regte manier om jou dag af te skop.

Bespreek vir hierdie liplekker geleentheid saam met Hazendal by https://account.dineplan.com/widgetframe/Tl2xcNMn?date=2024-08-30 en hou die hotel se webwerf dop vir die etes daarna.

Lees ook: WEN ‘n heerlike geskenkpak van Macro Mixes!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

9 hours Gelede

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in…

9 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

1 day Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

1 day Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

1 day Gelede

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.