Heerlike winterpastagebak
Heerlike winterpastagebak
Ingredients
- 1 pak (250 g, omtrent 23 rolletjies) cannelloni-pastarolletjies
- 1 t (5 ml) sout
- Vulsel
- 150 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
- 150 g pampoen, geskil en in blokkies gesny
- 150 g rape, geskil en in bokkies gesny
- 150 g knolseldery, geskil en in blokkies gesny
- 3 e (45 ml) olyfolie
- 3 e (45 ml) botter
- 150 g spekrepies
- 1 e (15 ml) heuning
- 100 g ricottakaas, gekrummel
- Witsous
- 1½ e (22,5 ml) botter
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 t (5 ml) vars tiemie, van die takkies af gestroop
- 2½ e (37,5 ml) koekmeel
- 2 k (500 ml) melk
- 1 e (15 ml) Dijonmosterd
- ¼ t (1 ml) neutmuskaat, gerasper
- 1 k (250 ml) gruyèrekaas, gerasper
- 1 k (250 ml) beleë cheddarkaas, gerasper
- 2,5 ml sout en gemaalde swartpeper
- Krummellaag
- Meng ¼ k (60 ml) panko-broodkrummels, ¼ k (60 ml) gerasperde parmesaan en 1 e (15 ml) sagte botter in ’n bakkie.
Instructions
- Verhit die oond tot 200 ˚C. Pak die groente op ’n bakplaat uit, bedruip met die olie en stip die botter oraloor. Rooster vir 30-35 min. of tot gaar en effens gekaramelliseer. Haal uit en laat afkoel.
- Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Pak die spekrepies op die bakplaat uit en bak vir sowat 15 min. of tot gaar. Haal die spek uit en verf met heuning. Bak vir nog 5 min. tot goudbruin en bros en haal uit. Laat afkoel en sny in klein blokkies. Hou eenkant.
- Verhit ’n groot kastrol met water oor hoë hitte. Bring die water tot kookpunt en gooi die sout by. Kook die cannelloni vir sowat 5 min. of tot sag maar nie pap nie. Dreineer en laat afkoel.
- Vir die witsous: Smelt die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Braai die knoffel en tiemie vir 2 min. tot geurig. Gooi die meel by en roer tot goed gemeng. Gooi die melk in ’n dun straaltjie by en klits tot die mengsel glad is. Bring tot kookpunt en roer gereeld tot die sous begin kook en verdik - sowat 7 min. Roer die mosterd, neutmuskaat, sout en peper, gruyère en cheddar by tot die kaas gesmelt is en goed gemeng is. Trek van die hitte af.
- Meng die geroosterde groente, spek en ricotta in ’n mengbak. Vul elke cannelloni en sny in 3 eweredige dele in die lengte af.
- Verhit die oond tot 180 ˚C. 7 Gooi die witsous in ’n 27 cm x 5 cm oondvaste pan of bak. Pak die gevulde cannelloni regop in die bak op die witsous. Bak vir 20 min. Haal uit en strooi die krummellaag oor. Bak vir nog 10 min. of tot goudbruin en bros. Haal uit en sit warm voor.
Lees nog:
Anelle Tewson
Lees Meer
Maklike gemmerbier – sonder gis
19/12/2024
Vinnige salmpasta
18/12/2024