Heerlike sjokolade-truffels deur Vickie de Beer. Foto: Craig Fraser
per 100 g
• energie 522 kkal.
• proteïen 12 g
• vet 42 g
• koolhidrate 31 g
• allergene suiwel, boomneute
~
Ek hou daarvan om ná aandete die heerlike sjokolade-truffels saam met ’n klein espresso voor te sit, eerder as ’n groot nagereg.Heerlike sjokolade-truffels deur Vickie de Beer. Foto: Craig Fraser
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Rooster die haselneute vir 5-10 min. of tot goudbruin. Hou 12 haselneute eenkant.
2 Maal die oorblywende haselneute fyn saam met 8 g (10 ml) xilitol.
3 Maak ’n kastrol kwartvol water en laat prut. Plaas ’n hittebestande bak bo-op die kastrol om ’n dubbelkoker te vorm (maak seker die boom van die bak raak nie aan die water nie).
4 Voeg die sjokolade, botter en room by. Roer liggies tot dit heeltemal gesmelt het. Roer die gemaalde haselneute by.
5 Verdeel die mengsel in 12 balletjies, plaas ’n heel haselneut in elke balletjie en rol dit.
6 Maal die oorblywende 8 g/10 ml (2 t) xilitol.
7 Meng die kakaopoeier, weiproteïenpoeier en xilitol in ’n bak.
8 Rol elke truffel in die kakaomengsel tot goed bedek.
per 100 g
• energie 522 kkal.
• proteïen 12 g
• vet 42 g
• koolhidrate 31 g
• allergene suiwel, boomneute