kategorieë: Ontspanning

Heerlike nuwe eetplek vir Franschhoek

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eleven is die ideale plek om lang somersdae op die stoep te kuier en jou oor te gee aan kos uit die boonste rakke en diens wat dit ewenaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir sommige is elf die mistieke karakter van geestelike ontwaking. Inderdaad, dit is die fondasie van ’n droom wat nou verwesenlik is deur die berese sjef-eienaar Ryan Shell en die span by Ōku- en Yama-restaurante in Franschhoek.

Die restaurant het sy naam te danke aan sy adres op die geskiedkundige dorp se hoofweg, Hugenotestraat en Eleven bied wêreldwye kontemporêre kookkuns aan, wat deur groot temas geïnspireer is. Hier, in ’n sjiek, ontspanne omgewing, smelt industriële ontwerp met hout, rou baksteen en gebrande koper saam met elemente van artistieke finesse. Meubels wat deur Kaapse ambagsmanne gemaak is, praat van erfenis wat die kontemporêre intrek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die berese sjef-eienaar Ryan Shell van Ōku-, Yama- en Eleven-restaurante in Franschhoek.
Plaaslike ambagsmanne het al die meubels gemaak en Ryan het self die dekor behartig.

“Eleven is ’n droom wat bewaar is,” sê Ryan. “Dit vergestalt iets heeltemal nuuts vir Franschhoek – ‘n dorp waarvoor ek regtig baie lief geword het. Toe die prominente adres beskikbaar raak, het ek geweet ons moet spring en die droom ’n werklikheid maak.”

Die restaurant is ‘n konsep wat geïnspireer is deur die somtotaal van Ryan se ervaring by vooraanstaande eetplekke in die VK en verskeie van Suider-Afrika se vyfster-eiendomme, insluitend top–restaurante van die Kaap.

Klein takkies laventel uit die tuin laat jou lapservet lekker ruik, maar ook jou sintuie ontspan.
Die spyskaart bied die beste seisoenale heilsaamheid.

Dit is die derde in Franschhoek wat deur die span agter baanbrekende Asiese restaurante – Ōku en Yama Asian Eatery, wat in 2020 geopen het onder wydverspreide lof – onderneem word. Op TripAdvisor het beide Ōku en Yama ‘n gradering van 5/5.

Eleven is ’n baie kort entjie van albei geleë, by ’n hoofstraat-aansluiting wat bekend is daarvoor dat hy oor die jare die tuiste was van ‘n string van Franschhoek se kenmerkende restaurante was.

Sjefs van die drie restaurante oes graag kruie uit hul eie tuine.
Eleven is net die plek om lang somersdae op die stoep in die historiese hoofstraat deur te bring.

Almal het bygedra tot die dorp se reputasie as ’n bestemming van gastronomiese uitnemendheid vir kos en wyn. Franschhoek is minder as een uur se ry oos van Kaapstad geleë, waarskynlik deur die mooiste deel van die Kaapse Wynlande.

Behalwe sy jongste ondernemings, is Ryan geen vreemdeling in hierdie dele nie. Hy reken sy werk onder die gevierde kollega Margot Janse by Le Quartier Français as een van sy mees vormende jare, en hy het vir ‘n tyd lank hoof van die restaurant by Haute Cabrière gestaan.

Niemand word afgeskeep nie – vegetariërs, veganiste of vleis-eters – daar is iets vir elkeen by Eleven.

Die spyskaart bied die beste seisoenale opsies en daar is heerlikhede soos truffel-bokmelkkaas met gepekelde beet, sitrusjel en okkerneut stof; gerookte springbok tartare met eiergeel, rosyntjie en kappertjiepuree om maar net enkeles te noem.

Eleven se wynlys sal ook die beste van die omgewing ten toon stel – die restaurant is nie verniet in die hartjie van die Kaapse wynlande nie!

Vir diegene wat eers iets nie-alkoholies verkies, is daar ’n lekker interessante faux-skemerkelkie lys.
Lekker nie-alkoholiese drankies is net die ding om jou smaaksintuie te laat ontwaak, voor ’n heerlike maaltyd.

Bespreek by reservations@eleveneats.co.za.

Lees ook: Helderberg Fresh wyn- en kosfees om die draai

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.