Heerlike groentekoek
Ingredients
- 125 g beet, geskil en grof gerasper
- 125 g murgpampoentjies, grof gerasper
- 250 g wortels, grof gerasper
- 1 x 200 g-blik pynappelstukke, gedreineer
- 3 groot eiers
- 80 ml (3⁄4 k) karringmelk
- 500 ml (2 k) suiker
- 375 ml (1½ k) olie
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 200 g makadamianeute, liggies gerooster en liggies gekap
- 750 ml (3 k) koekmeel
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 5 ml (1 t) sout
- 5 ml (1 t) kaneel
- 2,5 ml (½ t) gemmer
- ’n knypie fyn naeltjies
- Roomkaas-versiersel
- 2 x 230 g-houers volroomroomkaas
- 180 g versiersuiker, gesif
- 60 ml (¼ k) heuning
- 60 ml (¼ k) botter 30 ml (2 e) lemoensap
- ’n hand vol jong tuinworteltjies, geskil (vir die karamelwortels bo-op)
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C.
1 Voer twee 22 cm x 33 cm-rolkoekpanne met bakpapier uit. Meng die beet, murgpampoentjie, wortel, pynappel, eiers, karringmelk, suiker, olie, vanielje en neute goed in ’n groot mengbak.
2 Sif die meel, koeksoda, bakpoeier, sout, kaneel, gemmer en naeltjies saam.
3 Roer by die nat bestanddele in.
4 Verdeel die beslag in die voorbereide panne.
5 Bak vir 20 min. tot goudbruin, of tot ’n toetspen wat in die middel ingedruk word, skoon uitkom.
6 Laat die koek vir 10 min. in die pan afkoel.
7 Sny met ’n ronde koekiedrukker (deursnee van 10 cm) sirkels uit die koeke.
Versiersel
8 Meng die roomkaas liggies en voeg die versiersuiker by.
9 Roer vinnig deur maar moenie te veel meng nie.
10 Hou in die yskas tot die koek heeltemal afgekoel het.
11 Smeer ’n lagie versiersel op elke koeksirkel en stapel 4 sirkels opmekaar.
Karamelwortels
12 Smelt die botter en heuning in ’n middelslagpan en gooi die worteltjies en sap by.
13 Kook liggies tot dit begin karamelliseer en blink is.