Heel geroosterde broccoli oor die kole deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabe. Foto: Lindy Kriek
Probeer ook: Aspersies en kruie oor die kole
~
Hoekom het ons nooit voorheen daaraan gedink om ’n broccolikop heel te braai nie?Heel geroosterde broccoli oor die kole deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabe. Foto: Lindy Kriek
1 Meng die olyfolie, brandrissie, knoffel en sout in ’n mengbakkie.
2 Sprinkel die geurige olie oor die broccoli en sit dit op direkte maar matige kole. Maak die deksel toe as jy op ’n Weber braai, of bedek dit met ’n groot metaalbak indien jy op ’n oop vuur braai.
3 Braai vir 15-20 min. of tot die broccoli sag is wanneer jy ’n toetspen in die dikste deel indruk.
4 Haal van die vuur af en strooi die kaas oor. Sit warm voor.
Probeer ook: Aspersies en kruie oor die kole