Hedy Schleifer: Jy kan ’n gelukkige verhouding hê

Deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf 

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elke mens wil maar net gelukkig wees, en vir  baie van ons staan ’n vervullende liefdesverhouding bo-aan ons wenslys. Tog wys die egskeidingsyfer dat min mense hierdie ideaal bereik, en selfs onder getroudes is daar talle mans en vroue wat in die stilligheid sielsongelukkig voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is die geheim van ’n gelukkige verhouding?

Uiteraard is daar ’n verskeidenheid antwoorde op dié vraag, maar die verhoudingsterapeut Hedy Schleifer wat Suid-Afrika in Augustus 2018 besoek, kan ’n sinvolle roete in die regte rigting aandui.

Hedy is in 1944 in Switserland gebore nadat haar ouers uit ’n Joodse konsentrasiekamp in Frankryk ontsnap en deur die Alpe gestap het – haar ma swanger met haar. Sy het in België grootgeword. Sy en haar man, Yumi – ’n sakeman en voormalige ruimtevaartingenieur – woon in Washington in die VSA en is 50 jaar lank getroud. Hulle het twee seuns, elf kleinkinders, en ’n besonder liefdevolle verhouding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Haar ouers het uit ’n Joodse konsentrasiekamp in Frankryk ontsnap en deur die Alpe na Switserland gestap terwyl haar ma met haar swanger was

Hedy, ’n kliniese sielkundige (opgelei in Israel) en ’n gelisensieerde geestesgesondheidsberader (opgelei in die VSA) het sedert die jare sewentig haar eie private praktyk. Sy is die stigter van die Tikkun Learning Center in die VSA, waar terapeute in haar unieke vorm van verhoudingswerk – “Encounter Centered Couples Therapy” – opgelei word. Dis gegrond op die filosofie van Martin Buber en ’n verskeidenheid van verhoudingsmetodologieë, soos Imago Verhoudingsterapie, “Appreciative Inquiry”, “Re-evaluation Counselling” en “Relational Neurobiology”.

Hedy spesialiseer ook in konflikhantering, en deesdae fokus sy en Yumi daarop om ’n kultuur van “Relational Maturity” in die werkplek te ontwikkel.

Hedy in Suid-Afrika

“Hedy en Yumi het Imago Verhoudingsteorie na Suid-Afrika gebring,” vertel Grete Becker, Imago verhoudingsfasiliteerder en huweliksberader van Pretoria. “Die vader van Imago is Harville Hendrix, wat al sewe keer op Oprah se program was. Oprah is een van Imago se groot voorstanders en voorpraters.

“In 2008 was Hedy hier om haar eie benadering, ‘Encounter Centered Couples Therapy’, te kom bekendstel. In 2015 was sy en Yumi in Suid-Afrika om verdere opleiding te bied. Haar nuwe aanslag het terapeute begeester en in 2016 sou sy weer hierheen kom. Terug in Amerika het sy egter ’n tweede keer ’n diagnose van borskanker ontvang. Sy en Yumi moes hul besoek uitstel.

Hedy wou seker maak sy is gereed om ’n “one-breasted woman” te word

“In 2017 het sy haar merkwaardige verhaal met ons kom deel, hoe sy met haar bors ’n gesprek gevoer het om seker te maak die bors is gereed vir die ‘borshemel’. Sy het ook met haar hele lyf ’n gesprek gevoer om seker te maak dat sy gereed was om ’n one-breasted woman te word. En dis hoe sy haarself nou beskryf : ’n Amazon woman. Sy is die toonbeeld van wat sy as die upward trend beskryf. Die upward trend is die teenoorgestelde van die downward pull. Sy weier om as ’n kanker survivor bekend te staan. Sy glo jy kan jou bestaan nie aan ’n tydelike diagnose koppel nie.”

Die beste manier om ’n indruk van Hedy se werk te kry, is om na haar TEDx Talk te kyk. Sy verduidelik hoe drie onsigbare connectors – ’n veilige ruimte, ’n brug en ’n encounter of ontmoeting – ’n verhouding waarlik kan transformeer.

Weens onvoorsiene gesondheidsprobleme is Hedy en Yumi se besoek aan Suid-Afrika in Augustus 2018 gekanselleer.

Meer inlingting by Grete Becker: 083 259 8082,   grete@mweb.co.za of Imago Africa se webblad.

Meer inligting oor Hedy en Yumi by www.hedyyumi.com

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

9 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

15 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

16 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

16 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.