kategorieë: GebakKos

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele:

Maak 24 groot koekies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 250 ml (1 k) sagte botter
  • 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 8 ml (½ e) vanieljegeursel
  • 3 ml (½ t) koeksoda
  • knypie sout
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 560 ml (2¼ k) hawermout
  • 375 ml (1½ k) fyn klapper
  • 350 g (3½ blokke) donkersjokolade, fyn gekap
  • 180 ml (¾ k) heel amandels (skil en al), gekap

Metode:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit.

  1. Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Meng die vanielje, koeksoda en sout by.
  2. Meng die meel, hawermout, klapper, sjokolade en amandels by die eiermengsel.
  3. Skep ¼ k grootte balletjies 2 cm uit mekaar op die bakplaat en druk plat tot 1 cm dik.
  4. Bak vir 15-20 min. tot goudbruin. Draai die bakplaat ná 10 min. om. Laat effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

9 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

9 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

10 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

12 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

13 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.