Bestanddele:
Maak 24 groot koekies
- 250 ml (1 k) sagte botter
- 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
- 2 eiers
- 8 ml (½ e) vanieljegeursel
- 3 ml (½ t) koeksoda
- knypie sout
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 560 ml (2¼ k) hawermout
- 375 ml (1½ k) fyn klapper
- 350 g (3½ blokke) donkersjokolade, fyn gekap
- 180 ml (¾ k) heel amandels (skil en al), gekap
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit.
- Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Meng die vanielje, koeksoda en sout by.
- Meng die meel, hawermout, klapper, sjokolade en amandels by die eiermengsel.
- Skep ¼ k grootte balletjies 2 cm uit mekaar op die bakplaat en druk plat tot 1 cm dik.
- Bak vir 15-20 min. tot goudbruin. Draai die bakplaat ná 10 min. om. Laat effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.