Hawaise calzone
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Instructions
- 1Voorverhit die oond tot 220 °C.
- Sny 1 x 250 g-pakkie repiesspek in blokkies en braai bros. Hou eenkant.
- Verdeel 1 kg brooddeeg (maak ons basiese brooddeeg) in 6 ewe groot stukke en rol op ’n meelbestrooide werkvlak in 6 ewe groot sirkels uit.
- Verdeel 1 x 410 g-blik pizzabasis-tamatiemengsel tussen die 6 pizzas, smeer dit net op een helfte.
- Dreineer en verwyder die pitte van 1 x 340 g-botteltjie heel swart olywe. Pak die olywe, sowel as 1 x 440 g-blik pynappelstukke op die een kant van die pizzas.
- Krummel 400 g fetakaas bo-oor. Geur met gemaalde brandrissie.
- Vou die oop deeg oor die onderste helfte en knyp die deeg stewig vas. Sit op die warm bakplaat en bak tot goudbruin.
Rooi Rose
Lees Meer
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024
Fantastiese aartappelbrood
01/12/2024