Hooffoto: Lisa Skinner
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die nege hoofrolle word gespeel deur Simoné Pretorius, Carla Classen, Oros Mampofu, Renate Stuurman, David Louw, Leandie du Randt, Marlee van der Merwe, Jacques Bessenger en Dawid Minnaar. Ander spelers sluit in Christel van den Bergh, Christo Davids, Esmeralda Bihl, Rika Sennett en Franci Swanepoel. Dit was Franci se laaste rol voor haar ontydige dood in 2022.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
1. Hartklop is kykNET se eerste mediese reeks waar daar op ’n geval per episode gefokus word. In TV-terme word daar van “procedural” gepraat, met ander woorde daar is ’n probleem, dit word ondersoek en dan in een episode opgelos. Binnelanders, wat as dramareeks in 2005 begin het en in 2011 ’n daaglikse reeks (sepie) op kykNET geword het, verskil van Hartklop in die sin dat die mediese gevalle soms oor verskeie episodes behandel is en dat die hoofkarakters die storie gedryf het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
2. Die reeks is deur Zoë Laband geskryf. Sy was onder meer die skrywer en regisseur van die rolprent Pinky Pinky wat by verskeie internasionale filmfeeste te sien was. Zoë het in 2007 ’n beurs gewen om aan die York Universiteit in Toronto, Kanada te gaan studeer waar sy haar meestersgraad (cum laude) in draaiboekskryf verwerf het. Sy het ’n SAFTA-toekenning as beste skrywer van ’n komedie vir Those Who Can’t gewen en was die skrywer van The Girl from St. Agnes wat op Showmax te sien is.
3. Hartklop is in Engels geskryf en deur die meester-vertaler Kobus Geldenhuys in Afrikaans vertaal. Kobus was vir die Afrikaanse vertalings van boeke van onder meer J. K. Rowling, Roald Dahl, C.S. Lewis en David Walliams verantwoordelik.
4. Elkeen van Hartklop se episodes het ’n mediese adviseur gehad en die Afrikaanse tekste is ook deur ’n mediese dokter nagegaan om seker te maak dit is feitlik en taalkundig korrek. Opgeleide teatersusters was deel van die opnames van die operasietonele en het gehelp met die mediese toerusting wat benodig is.
5. Die oorspronklike musiek vir die reeks is deur Dawie de Jager van Klopjag-faam geskryf. Dawie is die broer van Sallas de Jager wat ook ’n filmregisseur en musikant is.
6. Dawid Louw (Dr. Louw van Onselen) en Christel van den Bergh (Anke Dempsey) speel dalk skelm minnaars, maar is in werklike lewe getroud. Hulle is ouers van twee seuns, Daniel en Laudo, en woon deesdae op ’n plaas in die Vrystaat.
7. Dit is nie die eerste keer wat Carla Classen (Dr. Karima Salie) en Simoné Pretorius (Dr. Elani Breytenbach) saam op die skerm is nie – hulle was beide in die fliek Stroomop wat in 2018 vrygestel is. Carla het die rol van Nixie (Ilse Klink se karakter Diona se dogter) gespeel en Simoné was Vivian.
8. Jacques Bessenger (Dr. Daniel Strydom) het in 2003 sy TV-debuut as Mossie in Song vir Katryn gemaak. Song vir Katryn was die eerste oorspronklike dramareeks wat kykNET, wat op 15 November 1999 begin uitgesaai het, vervaardig het. Jacques was intussen te sien in verskeie reekse onder meer Fynskrif, Dwaalster en Donkerbos.
9. Christo Davids is nie net in Hartklop te sien as Dr. Veronica Pietersen (Renate Stuurman) se man, Sollie, nie, hy is ook die mede-regisseur saam met Harold Hölscher. Christo, wat in 2008 ’n LL.B-graad aan die Universiteit van die Wes-Kaap behaal het, het in 1994 sy debuut as akteur gemaak toe hy die rol van Dial September in die TV-reeks Onder Engele gespeel het. Die veelsydige Christo was ook ’n regisseur op Spoorloos: Die Eiland wat verlede jaar uitgesaai is.
10. Hartklop is in Johannesburg verfilm en die hospitaaltonele is in sale en teaters by die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal in Eloffstraat in Selby en by die Universiteit van die Witwatersrand verfilm. Die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal was tydens verfilming buite gebruik, maar is intussen weer as hospitaal ingerig.
· Hartklop begin op Dinsdag 18 Julie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.
Lees ook: Hartklop: leer ken die karakters in kykNET se eerste hospitaaldrama
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.