kategorieë: KalenderOntspanning

Harry & Jackie: Tussen die Bokse by Aardklop 2018

Harry & Jackie: Tussen die Bokse by Aardklop 2018

Harry (Markus Haywood) en Jackie (Christel van den Bergh) is besig om te trek. Die huis staan vol bokse en dis die dag wat die vervoermaatskappy die trek moet kom haal. Vir Harry beteken ’n nuwe huis ’n nuwe begin, maar duidelik voel Jackie nie dieselfde nie. Sy noem uit die bloute dat sy – na 7 jaar se getroude lewe – wil skei. Na ’n paar onderonsies beland ’n boks foto’s uitgestrooi op die vloer wat hulle terug neem na die “ups and downs” van hul lewe saam …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die produksie beloof om jou op ’n hartsreis te neem – ’n reis wat jou sal bybly lank nadat jy die teater verlaat het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Harry & Jackie: Tussen die Bokse het vroeër vanjaar by die Vrystaat Kunstefees gedebuteer waar dit genomineer is as Beste Produksie tydens die Fees. Die produksie se volgende stop is by Aardklop, 2 – 6 Oktober 2018. Daar is daagliks ‘n vertoning by Aardklop, so dit gee elke feesganger die geleentheid om die produksie te kan sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skrywer: Christo Davids
Regisseur: Christo Davids
Akteurs: Christel van den Bergh (Renate in Getroud met Rugby) Markus Haywood (Willem in 7de Laan)
Tydsduur: 60 min
Koste: R120 by TicketPro
Stelontwerp: Terence Abrahams & Bennie Marais
Vervaardiger: Adette Bos

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Opvoerings:

Plek: die POK-­gebou

Datums en tye:

2 Oktober 09:30
3 Oktober 19:00
4 Oktober 13:30
5 Oktober 20:00
6 Oktober 14:00

Besprekings kan gemaak word by TicketPro

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

18 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

19 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

21 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

22 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.