Harry & Jackie: Tussen die Bokse by Aardklop 2018
Harry (Markus Haywood) en Jackie (Christel van den Bergh) is besig om te trek. Die huis staan vol bokse en dis die dag wat die vervoermaatskappy die trek moet kom haal. Vir Harry beteken ’n nuwe huis ’n nuwe begin, maar duidelik voel Jackie nie dieselfde nie. Sy noem uit die bloute dat sy – na 7 jaar se getroude lewe – wil skei. Na ’n paar onderonsies beland ’n boks foto’s uitgestrooi op die vloer wat hulle terug neem na die “ups and downs” van hul lewe saam …
Die produksie beloof om jou op ’n hartsreis te neem – ’n reis wat jou sal bybly lank nadat jy die teater verlaat het.
Harry & Jackie: Tussen die Bokse het vroeër vanjaar by die Vrystaat Kunstefees gedebuteer waar dit genomineer is as Beste Produksie tydens die Fees. Die produksie se volgende stop is by Aardklop, 2 – 6 Oktober 2018. Daar is daagliks ‘n vertoning by Aardklop, so dit gee elke feesganger die geleentheid om die produksie te kan sien.
Skrywer: Christo Davids
Regisseur: Christo Davids
Akteurs: Christel van den Bergh (Renate in Getroud met Rugby) Markus Haywood (Willem in 7de Laan)
Tydsduur: 60 min
Koste: R120 by TicketPro
Stelontwerp: Terence Abrahams & Bennie Marais
Vervaardiger: Adette Bos
Opvoerings:
Plek: die POK-gebou
Datums en tye:
2 Oktober 09:30
3 Oktober 19:00
4 Oktober 13:30
5 Oktober 20:00
6 Oktober 14:00
Besprekings kan gemaak word by TicketPro