Harry en Meghan deel opwindende nuus deur Catherine Schenck. Foto: CreativeNature_nl/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Enkele dae nadat sy niggie, Prinses Eugenie, met Jack Brooksbank getrou het, het Prins Harry self weer die wêreld aan die gons. Nadat daar onlangs gerugte in die media was dat Harry en sy Meghan ’n babatjie verwag, is dit vanoggend (15 Oktober 2018) deur die Britse koninklike huis bevestig.
Lees ook: Prinses Eugenie trou
Die Britse koninklike huis het vanoggend op hul amptelike webblad en op sosiale media hierdie goeie nuus gedeel en hulle noem dat die babatjie gebore sal word in die Europese lente 2019. Hulle het verder al die gelukwense wat reeds begin instroom het, bedank.
Lees ook: Harry en Meghan trou: ’n Vriendin van Meghan ontleed die dag
Familiefoto’s van Harry en Meghan se troudag
Harry en Meghan is tans op hul eerste amptelike toer buite Brittanje. Hulle reis na Australië, Nieu-Seeland, Fidji en Tonga en sal verskeie geleenthede bywoon, insluitende die Invictus-spele waarvan Harry die stigter is.
Hulle keer op 1 November terug.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.