Harry en Meghan deel opwindende nuus deur Catherine Schenck. Foto: CreativeNature_nl/istock images
Enkele dae nadat sy niggie, Prinses Eugenie, met Jack Brooksbank getrou het, het Prins Harry self weer die wêreld aan die gons. Nadat daar onlangs gerugte in die media was dat Harry en sy Meghan ’n babatjie verwag, is dit vanoggend (15 Oktober 2018) deur die Britse koninklike huis bevestig.
Lees ook: Prinses Eugenie trou
Die Britse koninklike huis het vanoggend op hul amptelike webblad en op sosiale media hierdie goeie nuus gedeel en hulle noem dat die babatjie gebore sal word in die Europese lente 2019. Hulle het verder al die gelukwense wat reeds begin instroom het, bedank.
Lees ook: Harry en Meghan trou: ’n Vriendin van Meghan ontleed die dag
Familiefoto’s van Harry en Meghan se troudag
Harry en Meghan is tans op hul eerste amptelike toer buite Brittanje. Hulle reis na Australië, Nieu-Seeland, Fidji en Tonga en sal verskeie geleenthede bywoon, insluitende die Invictus-spele waarvan Harry die stigter is.
Hulle keer op 1 November terug.
https://www.instagram.com/p/Bo8hnQ6n1AD/?hl=en&taken-by=kensingtonroyal