Harry en Meghan deel foto’s van hul troue vir hul eerste herdenking deur Catherine Schenck. Hooffoto: Shutterstock / Greatstock
Kan jy glo? Prins Harry en Meghan, hertog en hertogin van Sussex, is al ’n jaar getroud! Hulle het hierdie naweek op sosiale media foto’s gedeel van hul troue wat nog nooit vantevore gedeel is nie. Hierdie foto’s verklap Harry se sin vir humor, Meghan se elegansie en dié twee se liefde vir mekaar. Loer net hier:
Vir nog pragtige herinneringe van dié koninklike troue, lees hier:
Ontmoet Meghan Markle, Prinses Persoonlikheid
Harry en Meghan se troue: Meghan se vriendin ontleed die dag
Die mooiste familiefoto’s van Harry en Meghan se troue
Ander lede van die koninklike familie het ook op sosiale media vir Harry en Meghan gelukgewens met hul huweliksherdenking:
Wishing The Duke and Duchess of Sussex a very happy wedding anniversary.
Today marks one year since Their Royal Highnesses exchanged vows at St George’s Chapel in the grounds of Windsor Castle. pic.twitter.com/HomFjcOcGq
— The Royal Family (@RoyalFamily) May 19, 2019
En dit is sowaar twee weke na die geboorte van hul eersteling, Archie Harrison Mountbatten-Windsor.
Dit was beslis ’n opwindende jaar vir Harry en Meghan: van hul troue tot die geboorte van hul eersteling; hul eerste oorsese besoek en hul eerste besoek aan die graafskap Sussex … Loer hier na die hoogtepunte van hul jaar:
’n Jaar van koninklike troues
2018-2019 was ’n jaar propvol koninklike troues. Nie net het Harry en Meghan getrou nie, maar Harry se niggie, Prinses Eugenie, het op 12 Oktober 2018 met Jack Brooksbank getrou.
Lees ook: Alles wat jy moet weet van Prinses Eugenie se troue
Die afgelope naweek het nog ’n lid van die koninklike familie, Lady Gabriella Windsor, met Thomas Kingston getrou by die St. George-kapel in Londen – net een dag voor die huweliksherdenking van Harry en Meghan! Lady Gabriella se pa, Prins Michael van Kent, is Koningin Elizabeth se neef.
Lady Gabriella arrives at the West Steps at St George’s Chapel accompanied by Prince Michael of Kent. Lady Gabriella’s dress was a bespoke design by Luisa Beccaria – find out more here: https://t.co/6019HN9CHx pic.twitter.com/PcsFET7dt8
— The Royal Family (@RoyalFamily) May 18, 2019
Earlier today The Queen and The Duke of Edinburgh attended the wedding of Lady Gabriella Windsor and Mr Thomas Kingston. pic.twitter.com/TYO8lGjcY6
— The Royal Family (@RoyalFamily) May 18, 2019
Lees ook: Elizabeth en Philip se 70ste huweliksherdenking
As jy meer van die koninklikes se troutradisies wil weet, loer hier