125 ml (½ k) gemengde neute (soos gevlokte amandels, pistasieneute en dennepitte)
4 sprietuie, oorlangs gesny
½ komkommer, sade uitgeskraap en in 1 cm-blokke gesny
pietersielie-, basilie-kruid- en kruisementblare – ’n hand vol van elk
sout en gemaalde swartpeper
Instructions
1 Meng die jogurt en harissa en marineer die lamstjops vir minstens 30 min. daarin. 2 Koeskoes: Sit die koeskoes, rooi bosbessies en gemengde speserye in ’n mengbak. 3 Bring die rissies, appelkose, lemoen- en suurlemoensap en -skil, rooiwynasyn, kookwater, heuning en olie tot kookpunt in ’n klein kastrol. Gooi oor die koeskoes en bedek met kleefplastiek. Stoom vir 5 min. 4 Krap die koeskoes met ’n vurk los en meng die neute, sprietuie, komkommer en kruie deur. Geur na smaak. Hou eenkant. 5 Voorverhit die oond tot 200 °C. 6 Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Skraap die meeste marinade van die tjops af en braai tot goudbruin aan albei kante. Geur na smaak. Sit in ’n oondpan en bak vir 8 min. of tot gaar na smaak. 7 Sit die tjops met die koeskoes voor.