kategorieë: Blogs

Hare

Ek is so bly ek leef nie in die Middeleeue nie. Skynbaar moes sekere siele in tyd van nood hul hare afskeer om katapult-toue te vleg. En in latere oorloë, as ek die Internet kan glo, het menshare bewonderenswaardige bomlonte gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hare en bomme? Dalk is daar verdere verbintenisse tussen dié twee. Soos dat geen selfrespekterende “seksbom” (dink Brigit Bardot in die jare vyftig) sommer sonder haar glansende haredos betrap sou word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En dan is daar die bomme wat jare lank al bars wanneer jong mans hul hare langer as die sosiaal aanvaarde norm dra. Die raaisel rondom die reuserol van hare in die toepassing van hoërskooldissipline kon ek nog nooit ontrafel nie. Sowat sewe jaar gelede is ’n seun wat ek ken aanvanklik sy matriekeksamennommer geweier omdat sy hare nie aan die skoolreëls voldoen het nie – by ’n skool wat graag met ’n 100% matriekslaagsyfer spog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dalk sien die mensdom hare diepliggend as ’n simbool van mag, soos die verhaal van Simson suggereer … maar ek vermoed ook Simson wou eenvoudig nie luister toe sy ma hom teen Delila gewaarsku het nie.

Die Jungiane reken dat hare denkprosesse simboliseer. Iewers het ek ’n foto van Einstein gesien, hare in alle rigtings, met die opskrif: “This is what happens when your thoughts get electrified!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dalk moet ons die idee van a bad hair day herdefinieer. Is dit werklik nodig dat elke liewe haartjie, gesond en blink, haar regmatige plek inneem voor ons kan ontspan?

Volgens die evolusionêre sielkunde maak mans op ’n onbewuste vlak allerhande afleidings wanneer hulle na die lengte en kwaliteit van ’n vrou se hare kyk. Die toestand van haar hare verklap haar gesondheid-, voedings- en reproduktiewe status van die voorafgaande twee tot drie jaar, én dis ’n aanduiding van haar ouderdom.

Dis net hier waar die alles skielik vir my sin maak. Mans kyk na vroue se hare en kom op oervlak tot sekere gevolgtrekkings, maar vroue en hul haarkappers het lankal die verouderings- en ander aftakelingsprosesse gefnuik.

Dit bewys klinkklaar: vroue is slimmer as mans. Hul langer hare is ’n waardige simbool van superieure denkprosesse en (versluierde) mag.

Nou wonder ek: hoekom het daardie onderwyser wat daagliks uit sy pad gegaan het om toe te sien dat die seuns korter hare het as enige skoolmeisie in sig, dit reeds sewe jaar voor my gesnap?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele   Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…

3 hours Gelede

‘Suidooster’ storm voort met hul immergewilde Stomsterk-konsert!

Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.  …

4 hours Gelede

Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…

4 hours Gelede

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

5 hours Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

6 hours Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.