kategorieë: VelsorgSkoonheid

Hare op ongerieflike plekke: Ons toets laserhaarverwydering

Hare op verkeerde plekke: Ons toets laserhaarverwydering deur Anet Schoeman. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is verskeie eenvoudige metodes om van hare ontslae te raak

  • Skeer: Dis relatief vinnig, maar dis geen permanente oplossing nie. Jy kan sukkel met ingegroeide hare wat veral op die bikini-lyn ’n probleem skep en soms meer onooglik as haartjies is!
  • Haarverwyderingsrome: Morsig en tydrowend en die reuk sit baie mense af.
  • Waks: Effektief maar pynlik en dit kan ook ingegroeide hare skep. Tydrowend en morsig as jy dit self doen. Uitgawe as jy dit op gereelde basis by salon moet doen en dis nie gerieflik om altyd tyd hiervoor te maak nie.

Lees ook: 20 goed wat jy moet weet voordat jy vir ’n bikini wax gaan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons probeer laser-haarverwydering

Ons het laserbehandelings probeer wat byna permanent van hare ontslae raak.

Dis wel aanvanklik ’n groter uitgawe, maar die langtermyn besparing aan geld en tyd is beslis die moeite werd.

Chivone de Lange van The Laser Bar (www.thelaserbar.co.za) sê dat opleiding en die tipe masjien wat jy gebruik die wagwoord is vir effektiewe laserbehandelings. “Lasermasjiene verskil en sonder die regte opleiding gaan die behandeling nie die gewenste uitwerking hê nie.”

Chevone gebruik diode-lasertegnologie van Alma Lasers International wat die dermis geleidelik verwarm en net die haarfollikel beskadig omdat die laserlig deur die melanien van die haar in die follikel geabsorbeer word. Die haarfollikel word nie blootgestel aan ’n enkeldosis van intense energie wat die vel kan beskadig nie, maar dis onderwerp aan veelvuldige kortstondige, lae energiepulse wat net genoeg is om die haarfollikel te beskadig. Daar is ’n verkoelingsmeganisme wat die behandeling gemaklik en pynvry gemaak het.

Wees wakker as jy jou behandeling kies, want daar is verskillende soorte laserbehandelings wat die sukses affekteer. “Daar is hoofsaaklik twee kategorië in laserbehandelings”, sê Chivone. “Diode laser en IPL (intense pulsed light). Laasgenoemde is nie werklik ’n laser nie maar eerder ’n “laser ekwivalent” omdat dit dieselfde konsep van lig en hitte (photothermolysis) gebruik om van hare ontslae te raak. Daar word gereeld na IPL verwys as laser, maar in werklikheid is dit nie.”

Diode laser is effektief vir die verwydering van die meeste haartipes en veltipes terwyl IPL nie noodwendig so ’n breë aanwending het nie. Dis wel effektief vir die  verwydering van fyner haartjies op die lyf genaamd “vellus”-hare.

iStock/RyanKing999

Hoe werk dit?

Die laserlig veroorsaak permanente skade aan haarfollikels en dit verhinder hare om weer te groei. Die melanien in die donker hare is die geleiding vir die laser en dis hoekom dit nie op baie ligte of grys hare kan werk nie. Dit affekteer net hare wat aktief groei en waar daar ’n haar in die follikel is vir die geleiding van die laser. Dus moet jy twee tot drie weke wag na jy gewaks of gepluk het voor ’n behandeling. Jy kan wel die hare skeer en moet dit trouens die dag voor ’n laserbehandeling skeer.

Hoeveel behandelings is nodig?

Ses tot 12 behandelings is nodig om te verseker dat alle aktief groeiende hare behandel word. Dit sal afhang van die digtheid van jou hare, veltipe, hormone en so meer.

iStock/AndreyPopov

Is haarverwydering deur laser permanent?

Hormone kan haargroei stimuleer wat die sukses van die laserbehandelings en die sukses op die lange duur beïnvloed. Hormoonveranderings in ’n later stadium kan weer groei stimuleer. Hoewel daar geen waarborg is dat daar nooit weer haartjies gaan teruggroei nie, sal die groei so min wees dat jy nooit weer hoef te skeer nie. Die haartjies wat teruggroei is ook baie minder en fyner. Die meeste mense vind dit uiters effektief om van ongewensde hare ontslae te raak.

Ook vir mans

Mans wat sukkel met ingegroeide baard in hul nek vind laser uiters effektief.

iStock/Deagreez

Lees meer oor laserbehandelings by www.thelaserbar.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.