ghd ss18 Missoni Fashion Week
Deur: Suzanne Kotzé. Hooffoto: ghd ss18 Missoni Fashion Week
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Indola Street Style Versameling
Hierdie is deel van die Indola se Raw Bohemia-voorkoms. Die kleur – hulle noem dit “Sunkissed Balyage“- lyk natuurlik, en dit werk veral goed vir “ongestileerde” en “terloops” style. Maak ’n vlegsel aan die een kant met klein metaalringetjies (gebruik sommer oorringetjies) daardeur geryg en los, natuurlike krulle aan die ander kant. So sal jy straatslim en koel lyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Label.M We are two campaign
Hierdie style is van die Label.M se We are Two-veldtog. Met die style en modelle wou Sacha Mascolo-Tarbuck, kreatiewe hoof van Label.M wys hoe modelle se haarteksture verskil, en hoe jy dit kan gebruik om hul individualiteit te beklemtoon en iets uniek te skep. Ons is gaande oor die bykomstighede in die blonde model se hare.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
L’Oreal Paris Le Défile
Die bekende haarstilis Stephane Lancien het hierdie voorkoms vir die L’Oreal Paris Le Défile–vertoning geskep. As jy lekker lang, dik hare het, is dit ‘n wonderlike manier om ’n gewone bokstert anders en meer modieus te laat lyk.
ghd SS18 X Missoni Fashion Week
ghd het by die Missoni SS18-vertoning saam met haarstilis Anthony Turner gewerk om hierdie voorkoms te skep wat in pas is met die skoonheidswêreld se huidige fassinasie met individualiteit. Elke model het ’n styl gekry wat by haar haartekstuur pas, eerder as om ’n sekere tipe voorkoms vir almal te skep. Die hare is wel gestileer en is nie deurmekaar nie; hulle het steeds produkte gebruik om natuurlike tekstuur te beklemtoon en te vier.
L’Oreal Paris Le Défile
Hierdie is nog ’n skepping van Stephane Lancien. Kyk net hoe mooi is die krulle en natuurlike tekstuur!
Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…
Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman. Om langs die pad gestrand te wees weens…
’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…
kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…
Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…
Deur Margaret Gardiner Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…
Hierdie webwerf gebruik koekies.