kategorieë: HareSkoonheid

Hare en kanker-behandeling: Wat jy moet weet

As jou kankerbehandeling haarverlies veroorsaak, sal jou hare (ook die op jou lyf), twee tot vier weke ná behandeling begin uitval. Dit kan vinnig of geleidelik gebeur en jou kopvel kan ook teer voel. Jy kan niks daaraan doen nie, maar jy kan jou daarop voorberei, en frustrasie en angs daaroor beperk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voor jy met terapie begin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Behandel jou hare sagkens

  • Moenie jou hare permanent golf, kleur of bleik nie; dit beskadig jou hare. Laat jou hare self droog word en vermy stileertoestelle soos haarysters, krultange en warm rollers.
  • Oorweeg dit om jou hare te sny. Kort hare lyk voller as lang hare, en haarverlies wys minder. Dit maak ook die oorgang na geen hare minder angswekkend. As jou hare begin uitval, sal dit minder sigbaar wees wanneer jou hare kort is.

Beplan hoe jy jou kop gaan bedek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Dit is een aspek waaroor jy beheer het. Besluit of jy ’n pruik gaan dra, ’n serp om jou kop gaan bind, of niks gaan doen nie. Vra jou dokter om vir jou ’n voorskrif vir ’n pruik te gee, want sommige mediese fondse kan help om die koste te dek.

Lees ook: Kanker: Wat om te sê en nie te sê nie

Tydens terapie

  • Werk saggies met jou oorblywende hare.
  • Gebruik ’n sagte borsel.
  • Was jou hare slegs wanneer nodig.
  • Gebruik sagte sjampoe soos Philip Kingsley No Scent Colour Shampoo & Conditioner. Dit bevat geen kleur, parfuum of sulfate nie.
  • Oorweeg dit om jou hare te skeer as jou kopvel geïrriteerd of seer is. Dit kan jou minder verleë laat voel oor haarverlies.

Lees ook: Borskanker: 5 dinge wat jy móét weet

As jy geen hare oorhet nie

  • Beskerm jou kopvel. Uitermatige hitte of koue kan ’n sensitiewe kopvel irriteer, en met min of geen hare sal jy gouer koud kry. Daarby kan jou kopvel selfs in die winter deur die son gebrand word. Gebruik elke dag sonroom.
  • As jy ’n pruik dra, haal dit snags en self deur die dag af sodat jou kopvel kan asemhaal.
  • ’n Sy-kussingsloop is sag en gemaklik as jou kopvel teer is.
  • As jy jou haarwasroetine mis, probeer Charmain van Schalkwyk, nasionale werkswinkelkoördineerder van Look Good Feel Better (LGFB) se raad: Maseer jou kop met natuurlike olies; dit sal nie net jou kopvel laat beter voel nie, maar kan ook help om ’n gesonde omgewing vir die groei van nuwe hare te skep.
  • Was jou kopvel met ’n sagte gesigwas. Vermy produkte vir aknee, dit is te skerp vir ‘n teer  kopvel.

Na terapie

  • Wees geduldig, jou nuwe hare sal waarskynlik stadig teruggroei. Dit kan anders as voorheen lyk; dalk krullerig of grys, maar namate ou haarselle herstel, kan dit weer verander.
  • Jou eerste nuwe hare sal baie makliker breek. Vermy voorlopig stileerprodukte, hittetoestelle en kleur- en bleikmiddel, tot jou hare behoorlik en sterk uitgegroei het.

Lees ook: Trauma na borskanker – vang dit jou?

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.