Die Adrienne Hersch-padwedloop sal na verwagting 4 000 hardlopers trek wat aan die 21 km, 10 km of 5 km gaan deelneem. Dit bied iets vir ieder en elk en is ’n ideale uitstappie vir die familie.
Dié dag is nie net vir ernstige atlete nie en die 5 km-pretloop bied vet pret vir die hele gesin. Die begin-/eindpunt bied ’n verskeidenheid van vermaak (vir die kleingoed ook), goeie kos, lekker bier, ’n pragtige mark, en talle ander verskaffers. Omdat die 5 km ’n pretloop is, word daar geen lisensie benodig nie. Daag net op en hardloop, loop of dans dit – solank jy net vet pret het! Dit is perfek vir die hele gesin, of julle nou hardlopers is of nie.
Datum: 7 Mei 2017
Plek: Randburg Sportsentrum
Tyd: Die 21.1 km en die 10 km begin albei om 07h00. Die 5 km-pretloop begin om 07h30.