kategorieë: Sukses en geld

Harde werk en balans

Jy glo jy kan ’n veeleisende loopbaan (waarin jy baie reis), ’n gesin, ’n oefenprogram, ’n vriendekring én ’n huwelik suksesvol hanteer. Ongelukkig weet die meeste van ons dat jy iewers gehalte inboet as jy nie balans handhaaf nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is onmoontlik om so ’n vol program te hanteer sonder balans, sê Christelle Colman, Hoof Uitvoerende Beampte van Europ Assistance Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek kyk dikwels verlangend na ma’s wat hulle kinders by die skool gaan aflaai en dan gimnasium toe kan gaan en ontspan voor hulle hul kinders later weer by die skool kan gaan oplaai. Ek wil nie ’n tuisbly-ma wees nie, maar ek beny hulle soms al die tyd wat hulle met hul kinders kan deurbring. Ek kan my kinders net naweke behoorlik geniet.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy is weens haar werksverpligtinge nie ’n ouer wat by die huis woon nie. Sy werk in Johannesburg en woon in Kaapstad.

“Ek kan dikwels die simpatie in ander se oë sien as ek hierdie bekentenis maak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy sê sy moes hierdie keuse maak ten einde haar drome en loopbaan-doelwitte na te streef. Haar man is ongelooflik ondersteunend en haar gesin is tevrede met die reëling. Sy beskou balans as die geheim om dinge te laat werk.

Sy deel ’n paar wenke met ander bedrywige ma’s.

1 Bou jou eie handelsmerk

Gebruik sosiale media-platforms soos Twitter en LinkedIn om ’n sterk, professionele persoonlike handelsmerk te bou en bly verbind met die res van die beroepswêreld. Dit kan die deurslaggewende faktor tussen jou en jou droomwerk wees.

2 Sluit aan by ’n klub

Maak tyd om by ’n netwerk vir vroue soos Voices aan te sluit. Dit gee jou die geleentheid om met vroue te skakel met dieselfde belange. Dit bied ook steun in moeilike tye.

3 Vind jou styl

’n Werkende ma het nie tyd om soggens te wonder wat sy vir die dag gaan dra nie. ’n Eenvoudige dog stylvolle styl in kleure soos swart, wit en room met ’n tikkie rooi lipstiffie (raad van Coco Chanel), maak dit makliker om vir ’n sakereis in te pak.

4 Wees voorbereid

Hou gesertifiseerde afskrifte van jou ID, paspoort en ’n opgedateerde waardasiesertifikaat vir jou juwele veilig gestoor op ’n virtuele wolk (cloud of in jou dropbox) om tyd te spaar in tye van nood. Dan is dit altyd maklik binne bereik.

5 Gesondheid is rykdom

Dit maak nie saak hoe besig jy is – maak tyd om te oefen. As jou kinders nog klein is, sorg dat jy vyfuur soggens by die gimnasium is. Dit gee jou tyd om te oefen voor hulle wakker word. Dit is goeie tyd vir jouself en bevorder jou gesondheid.

Wees ’n bietjie  selfsugtig oor jou eie geluk. Deur jou drome en loopbaan te bevorder, wys jy vir jou kinders dat dit soms nodig is om opofferings te maak as jy bo wil uitkom. Deur jou voorbeeld wys jy vir jou kinders dit verg harde werk om bo uit te kom. Jy wys hulle dat hoe meer jy insit, hoe meer kry jy uit.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Haal die ‘worrie’ uit ‘Janu-worrie’

Ná die reën wat die land oor die laaste twee maande beleef het, is daar…

2 hours Gelede

Blitsvinnige spek en groente quiches

Spek-en-groente-quiches in ’n japtrap!

2 hours Gelede

Altvest maak China se VC-mark oop vir Suid-Afrikaanse beleggers

Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…

6 hours Gelede

Suurlemoenlimonade

Maak nou die heerlikste koel drankie!

1 day Gelede

‘Skemergrond’: Maak jou gordel vas vir hierdie dramatiese wendings in Februarie

Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…

1 day Gelede

Italiaanse tamatiepasta

Genoeg vir 4.    Bestanddele   ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.