11 maklike happies vir laer cholesterol deur Salomé Delport. Hooffoto: Kim Daniels vir Unsplash
11 maklike happies vir laer cholesterol
- Growwe brood met avokado
- Vrugteslaai met jogurt en neute
- Ryskoekie met grondboonbotter
- Wortelstokkies met hoemoes
- Appel
- Edamame-boontjies
- Sousboontjies met olywe (gooi sous af)
- Geroosterde keker-ertjies
- Bessies van alle soorte, soos aarbeie, brame en bloubessies
- Enige soort neute
- Groensap van appel, groenrissie en babaspinasie
Lees ook: Slaag jy die cholesteroltoets?
Die beste bronne van proteïen vir vegetariërs
Wat is edamame-bone?
Hierdie modehappie is niks anders nie as vars, groen sojaboontjies wat gepluk word voordat hulle ’n kans kry om ryp te word.
’n Bietjie meer hieroor:
- Berei dit voor: Jy kan dit rou eet, in water kook, stoom of in die mikrogolf gaarmaak.
- Eet dit uitgedop met sout of knoffel.
- Dit vries goed.
- Dit is ’n ryk bron: ’n ¾ koppie bevat soveel omega-3’s as een eier.
- Dit is ’n proteïen en ’n stysel in een. Dit bevat baie vesel en folaat.
- Die Japanners eet dit al van minstens die jaar 1275 af.
- Die Chinese noem dit “maodou”, oftewel harige boontjies.
Probeer hierdie heerlike resep met edamame-bone: Thaise forelslaai
Vir nog gesonde resepte, besoek ons kos-afdeling.
Lees ook: 59 vinnige happies vir jou dieet