kategorieë: Ons menseBekendes

Hanna & Donnalee oor liefdadigheid

Wat beteken die Spar Women’s Challenge vir jou?

H: Die Spar Women’s Challenge beteken ongelooflik baie vir my. Dit help my om vroue in arm gemeenskappe op ’n nuwe vlak te bemagtig. Hierdie vroue oefen die hele jaar om daardie dag deel te neem. Hulle word fiks in die proses, werk om ’n doelwit te behaal en voel asof hulle iets bereik het wat hulle nooit gedink het moontlik is nie. Daardie medalje beteken baie meer as wat ons ooit sal kan verstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vanjaar se tema is #IamGrateful. Wat dink jy hiervan?

D: Ek is mal oor hierdie jaar se tema. Ek voel dat om dankbaar te wees die kern is waaroor hierdie lewe gaan. Ek dink soms raak ons so vasgevang in die alledaagse gejaag, dat ons nie genoeg stilstaan om te dink oor dit waaroor ons dankbaar is nie. Vanjaar se tema het ook so ’n groot impak op my gemaak, menende daardie besef dat jy nie net vir die groot goed moet dankbaar wees nie, maar ook vir die klein, mees vanselfsprekendste dinge in die lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat behels jou rol as ’n Spar Women’s Challenge ambassadeur?

H: Ek verteenwoordig die Hanna Charity & Empowerment Foundation wat ook ’n begunstigde hierdie jaar is. Ek vat hande saam met Spar en elke behoeftige vrou in ons gemeenskap om ’n verskil in hulle lewens te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liefdadigheid is ook ’n groot fokus van die Spar Women’s Challenge.  Wat beteken liefdadigheid vir jou?

D: Ek het ’n baie groot hart vir liefdadigheid en gemeenskapsdiens en buiten my werk is dit my ander, groot passie. Ek het in ’n huis grootgeword waar my ma die heeltyd met gemeenskapsprojekte besig was en steeds is. My ma het ook van jongs af daardie passie in my raakgesien en wanneer ek ’n idee vir ’n projek gehad het, het sy altyd betrokke geraak en gehelp. Op universiteit was ek ’n JOOL-Koningin en daaruit het ek by die organisasie, HelpNet, betrokke geraak. Dit is ook deur hulle wat ek by die Spar Women’s Challenge betrokke geraak het.

Hoe help die Spar Women’s Challenge jou om jou passie vir liefdadigheid uit te leef?

H: Dit help my verseker om ook bewustheid oor gesondheid in die gemeenskap te skep. As jy dit kan bekostig om by ’n gim aan te sluit nie, het jy steeds die pad en jou twee bene waarmee jy kan stap of hardloop. Dit help my om vroue te motiveer om te oefen en hulself te verbeter sodat hulle hul doelwitte kan bereik. Dit vorm ook alles deel van ons berading-sessies en Womanhood.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter rol, dink jy, speel die uitdaging om Suid-Afrikaanse vroue te bemagtig?

D: Die samekoms van vroue en vroueharte, dink ek, is op sigself ’n vorm van bemagtiging. Maar ek dink ook dit kom neer op meer as net dit, want die doel van die dag en dit waarvoor die Spar Women’s Challenge staan is alles deel van ’n groter prentjie.

Het jy enige wenke vir vroue wat vir die eerste keer aan dié resies gaan deelneem?

H: Besluit vooraf of jy 5 of 10km gaan stap of hardloop en oefen dan daarvoor sodat jy kan trots wees op jou tyd op die dag. Volgende jaar kan jy dit weer verbeter!

Waarna sien jy die meeste uit met betrekking tot die resiesdae?

D: Ek sien uit na die wonderlike tema en wonderlike mense en organisasies wat betrokke is. Ek kan ook nie wag om letterlik, die derduisende vroue te sien wat gaan deelneem nie!

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

18 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

19 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.