Dié voormalige Ingrid Jonker-pryswenner se tweede opvolgbundel is eweneens treffend. Haar skerp oog, poëtiese pen en met tye humoristiese aanslag is uniek in die Afrikaanse digkuns. Die titel, Hammie, is ’n Kaapse troetelwoord vir “mammie”. Die bundel ondersoek dus die komplekse en intieme verhouding tussen ma en dogter. Die verse eggo temas uit Kamfer se vorige werk en het ’n sterk outobiografiese inslag: Sy herbesoek haar grootwordjare in die Kaap en dig oor sosiale kwessies oor taal, kultuur en geskiedenis. Bowenal gaan die bundel oor verlies, oor dinge wat ongesê bly, oor die woorde tussen woorde …
Koud
die tweede dag
het ons gesit en wag
my hand op haar hand
alleen in die donker
Pure Kamfer-kaviaar.
Uitgewersprys R200 rooi rose R180