kategorieë: Ontspanning

Halfeeu vir twee wyn mylpale

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis ook ’n halfeeu sedert die bekendstelling van die Wyn van Oorsprong-skema (W.O.), wat internasionaal gereken word as een van die beste van sy soort. Hierdie skema het die wetlike beskerming van Suid-Afrikaanse wynproduserende streke én die regulering van wyne van ’n spesifieke kultivar of oesjaar, verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Baie ander lande het in dié voetspore gevolg die afgelope vyf dekades en ook afgebakende gebiede bepaal, waaruit druiwe verkry word.

Daar is natuurlik geen beter plek om hierdie geskiedkundige verjaardae te vier as by Groot Constantia Landgoed – Suid-Afrika se oudste wynplaas – nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verteenwoordigers van die Eerste 14 landgoedere wat in Suid-Afrika verklaar is, klink ’n glasie voor die historiese Groot Constantia kelder – Suid-Afrika se oudste wynplaas.

Bennie Howard, een van die eerste drie Kaapse Wymeesters en voorsitter van die reëlingskomitee van die Eerste 14-geleentheid, het gesê dis belangrik om die geskiedenis van hierdie skemas in ag te neem, as jy vir die toekoms beplan. Bennie is ook Meerendal -een van die eerste 14 – se bemarkingsbestuurder. Hy het gesê dis belangrik dat Suid-Afrikaners nie net die eerste 14 nie, maar ook die huidige meer as 200 landgoedere in die land, vier. Al 14 eerste landgoedere is vandag steeds in bedryf.

“Ons moet meer geraas maak oor die kwaliteit van ons wyne en ons wyn-erfenis se trotse geskiedenis.

“Ons geskiedenis is deel van ons toekoms.”

Hy het die bladsy uit die Staatskoerant van 10 Augustus 1973 aan gaste gewys, waarin die Minister van Landbou, Hendrik Stephanus Johan Schoeman, die amptelike aankondiging van landgoed-status verklaar het.

Die lekker spyskaart vir die middag.
Wyne van die Eerste 14 so oud as 1973, kon by die middagete geproe word. Hier is Backsberg se aanbieding.

Die eerste 14 wynlandgoedere het op 1 September 1973 wynlandgoed-status ontvang, wat gespesifiseer het dat druiwe op die landgoed gepluk, gepars en verwerk moet word, verouder en gebottel moet word, soos gedokumenteer in die Staatskoerant nr. 1388.

Bennie het ook vertel dat as deel van die herdenkings, is ’n spesiaal ontwerpte logo, goedgekeur deur die Wyn- en Spiritusraad, op alle wyne, wat as landgoedwyne aangewys is, gebruik kan word.

Een van die gedenkwyne wat Simonsig gemaak het – Steen - om hul 50ste jaar van wynmaak onder hul eie etiket te vier, is ook te proe aangebied. Die wyn het sy eie 50 nekband.
Een van die wen-wyne van Simonsig wat te proe was, is die Cuvée Royale 2017. Simonsig het Suid-Afrika se eerste Cap Classique, Kaapse Vonkel, gemaak.

Verteenwoordigers van al 14 eerste landgoedere – Alto, Backsberg, Groot Constantia, Middelvlei, Meerendal, Montpellier, Muratie, Neethlingshof, Overgaauw, Simonsig, Theuniskraal, Twee Jongengezzelen, Uiterwyk en Verdun (nou Asara) – was daar om die geleentheid te herdenk. En natuurlik kan mens nie feesvier sonder wyn nie en elke landgoed het van sy ouer wyne (ja, sommige 50 jaar oud!) saamgebring vir gaste om te geniet.

David en Braam van Velden van Overgaauw, een van die pioniersplase in die Suid-Afrikaanse wynbedryf, waar verskeie eerstes vir kultivar-spesifieke druifsoorte geplant en gebottel is. Vier wyne van 1973 tot 2020 kon hier geproe word.

Jean Naude (uitvoerende hoof van Groot Constantia) het ’n historiese proe van die afgelope 50 jaar se wyne van dié landgoedere voorafgegaan.

Al die wyne wat die dag te proe was.

’n Uitgelese paneel en lede van die gaste wat al vir jare in die wynbedryf aktief is, het die belangrikheid van die W.O-skema en die wynlandgoed-konsep uitgelig en onder meer gesê dat die totstandkoming van die W.O-skema deurslaggewend was in die behoud van die identiteit van Suid-Afrikaanse wyne en die verbetering daarvan. Sonder die eerste 14 wynlandgoedere, sou die Suid-Afrikaanse wynbedryf nie vandag gewees het waar dit is nie en ook nie die internasionale aansien geniet het, wat dit tans geniet nie.

Die W.O-skema gee nie net aan wynkopers gemoedsrus oor kwaliteit nie, maar is ook ’n gewaarborgde sertifiseringstelsel van naspeurbaarheid.

Ella Kotze en Barend Barnard van Alto Wynlandgoed.
Alicia Rechner, wynmaker en Simon Back van Backsberg Family Wines.

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het verlede jaar 368,8 miljoen liter wyn na 130 lande uitgevoer: ’n bydrae van R9,9 biljoen tot die bruto binnelandse produk (BBP). Die bedryf verskaf ook werk aan meer as 350 000 mense.

Die geselligheid op Groot Constantia was ’n feestelike affêre.
Die wyne wat van Groot Constantia geproe kon word, het die Cap Classique NV, Cabernet Sauvignon 1973, Sauvignon Blanc 2022, Shiraz 2020, Gouverneurs Reserve Red 2019 en die Grand Constance 2018 ingesluit.more

Die aangepaste landgoed-wetgewing het dalk die afgelope paar dekades verbruikers verwar, maar die enkelwingerd-wyne waar wyne uit spesifieke blokke of wingerdrye gemaak word, blyk dalk ’n beter manier te wees om in die toekoms naspeurbaarheid te verteenwoordig en sodoende die waarborg van kwaliteit te wees.

Lees ook: Twintigste Decorex Kaapstad lok duisende

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

1 day Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

2 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.