kategorieë: HareSkoonheid

Haarwenke vir kinders

Sam Woulidge en haar seuntjie, Sebastiaan Badenhorst

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oor haar seuntjie se hare sê kosskrywer Sam Woulidge: “Daar is vir hierdie mamma niks lekkerder as om haar gesig in haar seun se wilde bos hare te druk en die sagte krulletjies teen haar wange te voel nie. Dan asem ek hom in. My liefkind.”

Sam vertel: Kort na Sebastiaan se eerste verjaarsdag sny sy “Aunty Phumla” sy hare met my oorlede ma se naaldwerkskêr kort af terwyl my seun in my arms slaap. In ’n oogwink is sy babahaartjies weg. En net daar begin ons dit weer groei. Want Sebastiaan se hare is net soveel deel van sy identiteit as wat sy swart vel is. En sy (kaalkop)-pa en ek is trots op albei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sebastiaan se “dreadlocks”

Sam vertel:

Om sulke ‘dreadlocks‘ te hê is makliker as wat mens dink. Terwyl sy hare kort was het ek met ’n nat waslap in die bad klein sirkels om-en-om sy kop gemaak om sy hare in klein puntjies regop te laat staan. Te oulik. En soos wat Sebastiaan se hare langer geword het, het dit self die natuurlike lokke gemaak. Nadat hy gestort het, vryf ek sy hare met ’n handdoek om die ergste spul water te verwyder en dan gebruik ek die haardroër om dit droog te maak.

Ons was elke week Sebastiaan se hare met Johnsons’s Soft & Shiny Shampoo & Conditioner (for tight curls and dry hair) en ons gebruik ook Jabu Stone Beeswax (of enige soortgelyke produk) om die krulle te versterk en sy hare te voed.

En siende dat Sebastiaan al kleuterskool toe gaan, is ons maar versigtig vir die kopluise wat elke dan en wan ’n plaag by skole veroorsaak. Want hierdie wonderlike hare gaan ons beslis nie skeer nie en daarom gebruik ons daagliks Controlite Defence Spray – Repels Head Lice. Dit werk soos ’n bom (ons het nog tot dusver elke plaag vrygespring!), dit ruik heerlik en is goed vir sy hare as gevolg van die olies wat gebruik word.

Hier is die produkte wat Sam voorstel

Chrisit Panagio

Christi Panagio se twee dogterties, Evah en Shay, se hare verskil heeltemal. As familie is hulle gesteld op “skoon”-produkte en bestanddele.

Evah: Natuurlike, los krulle

Christi se dogtertjie Evah het ’n natuurlike los krul. Die gevolg is dat dit vreeslik maklik koek. Dis pragtig, glad en blink as ek dit was, maar koek en droog in ’n dag of twee uit. Ek was haar hare met Naturalmente Basic Fennel & Geranium Shampoo: moisturizing and normalizing (R282 beskikbaar by naturalmente.co.za). As opknapper gebruik ons Naturalmente se Fennel-Geranium Conditioner (R282). Ek los die opknapper vir ’n ruk aan sodat haar hare sag kan word en borsel dit dan met ’n ‘Wet Brush Pro‘ uit. Ek probeer haar hare nie te veel was nie (elke 4-5 dae) en spuit dit daagliks met Naturalmente Elements Tonico: Daily conditioner spray (R275) wat haar hare lekker bevogtig en dit makliker maak om koeke uit te kam. Af en toe gebruik ek ook die Naturalmente Elements Moisture Mask (R295) om haar hare lekker te voed en te behandel. Nico het ook ’n krul en dik, harder hare. Die werk vir hom ook. My blonde hare raak gou droog, en die outjie doen wondere as jy so nou en dan daarmee aan slaap! Die masker is ’n staatmaker in ons huis, ons almal se hare kan nie daarsonder nie.

Wenk: Ek vleg Evah se hare as sy slaap en swem om te voorkom dat dit erg koek. Sy slaap baie wild!

Shay het baie stywe krule, amper ’n ‘afro’

As ek haar hare net gewas het is dit miljoene stywe krulle, en pragtig! Die probleem is dat dit ‘coarse‘ is, en baie maklik droog word en koek. Ek was en bevog ook met Naturalmente se Fennel-Geranium Shampoo & Conditioner, druk haar hare liggies met die handdoek droog, en werk dan ’n masker in wat ek in haar hare los. Dit bevog die tipe hare, en dit is nie nodig om uit te was nie. Haar hare het daagliks baie liefde nodig! Ek spuit dit elke oggend met Naturalamente Daily Tonico Spray om dit nat te maak en kam dit saggies deur haar haarlyn. Ek verkies om net die veilige en skoon sproei te gebruik; die meeste ‘detanglers‘ het baie silikone in wat nie goed is nie, maar soms is mens desperaat en dan het ek iets sterker nodig. Sulke oggende gebruik ek ‘Aunty Jackies’ detangler. Terwyl ek nog soek na ’n “skoon” produk, maak ek eers hierop staat. (As iemand van een weet laat weet gerus!)

Soos ek genoem het koek haar hare vinnig, so ek maak dit meestal vas: twee poniesterte lyk in haar geval soos twee bollas! My eie mini-muis. Omdat sy nog klein is, is dit moeilik om elke dag baie tyd aan haar hare te spandeer – iets wat die haartipe verg. Baie aandag en liefde.

Wanneer sy ouer is sal ek dit tien teen een relax– nie om die krul weg te vat nie, sy is pragtig nes sy geskape is, maar net om die hare meer beheerbaar te maak.

Wenk: ’n Satyn-kopdoek en kussingsloop maak ’n groot verskil en beskerm die hare saans. As ons tyd het, wend ek ’n masker aan haar hare en werk dit dan stadig stuk vir stuk met my vingers deur om van die koeke ontslae te raak.

Probeer die volgende produkte

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.