Die “Bardot Bouffant” (AMOI)
Die “Bardot Bouffant”-voorkoms is geïnspireer deur Bridget Bardot se ikonies 60’s haarstyl. “Ons wou met hierdie voorkoms die volume en vorm skep van die ikoniese 1960 ‘bouffant’ maar hierdie weergawe is varser, moderner en meer drabaar,” sê Chris Naselli, New York-modeweek se ambassadeur vir TRESemmé.
Kry die voorkoms so:
Stap 1: Begin met TRESemmé se Moisture Rich Shampoo & Conditioner
Stap 2: Wend TRESemmé Volume and Lift Mousse aan jou nat hare en maak jou hare rofweg met ’n haardroër droog.
Stap 3: Kam ’n diep kantpaadjie en wend ’n druppel TRESemmé Oil Elixer aan die palm van jou hand, vryf jou hande bymekaar en wend aan vanaf die mid-lengtes tot by die punte van jou hare en kam deur met ’n wyetand kam.
Stap 4: Gebruik jou kam en pluiskam die hare op die kroon van jou kop agtertoe.
Stap 5: Kam nou ’n kuif oor jou voorkop, en maak jou hare in ’n lae-poniestert vas.
Stap 6: Spuit die TRESemmé Extra Hold Hairspray aan.
Loer hier na die stap vir stap video:
Die “Uptown Sleek” deur Carolina Herrera
“Die ‘Uptown Sleek’ is deur Orlando Pita (New York-modeweek se ambassadeur vir TRESemmé) ontwerp. Hy beskryf die voorkoms as ’n moderne weergawe van ’n gladde uitblaas-styl wat Carolina Herrera se naturlike elegansie reflekteer.
Stap 1: Was jou hare met TRESemmé Keratin Smooth shampoo and conditioner om enige kroesies te vermy, boonop maak dit stilering makliker.
Stap 2: Wend die TRESemmé Heat Defence Styling Spray aan jou hare en kam dit saggies deur.
Stap 3: Blaas jou hare met ’n droër droog, borsel en kam ’n eenkantpaadjie.
Stap 4: Verdeel jou hare in kleiner seksies sodat dit maklik is om te beheer. Trek ’n haaryster deur elke gedeelte om seker te maak die hare is glad en dit blink.
Stap 5: Spuit TRESemmé Firm Hold Hairspray liggies oor jou hare om die styl in plek te hou.
Loer hier na die stap vir stap video:
Die “Downtown Wave” deur MONSE
Orlando Pita het ook die ‘Downtown Wave’-voorkoms geskep. “Ons wou ’n haarstyl skep wat by die ‘cool’ Monse klerereeks pas. Die reeks vier individualiteit deur naturlike teksture en sagte lyne, en hierdie haarstyl weerspieël ’n moeitelose voorkoms wat selfvertroue uitbeeld,” sé Orlando.
Stap 1: Was jou hare met die TRESemmé 24 Hour Body Healthy Volume Shampoo & Conditioner vir gesonde hare.
Stap 2: Wend ’n muntstuk grootte TRESemmé Volume and Lift Mousse aan die wortels van jou hare en blaas droog.
Stap 3: Kam ’n middelpaadjie. Gebruik ’n haaryster om een duim seksies van jou hare met die haaryster te krul. Probeer om eerder sagte golwe as stywe krulle te skep.
Stap 4: Spuit nou TRESemmé Extra Hold Hairspray om die golwe op hul plek te hou en trek jou vinger deur die golwe om ’n meer naturlike vookoms te skep.
Loer hier na die stap vir stap video: