Haarstyle vir fyn hare deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Tracy Loubser Artistic Imagery; Stilis: Jean Witte
Chad Hanna, stilis en eienaar van Chad Hanna Hair Team gee raad
Lyne met gewig is belangrik
As jy ’n styl kies, onthou dat jy lyne met gewig nodig het; soos ’n bob wat tot net op jou skouers kom, maar met langer, hoekige lyne na voor gesny word om jou gesig te omraam.
Lees ook: 9 wenke vir hemelse hare
’n Eenvoudige bob styl werk goed
’n Bob met ’n eenvoudige, skoon snit wat net om jou ken area val, is ’n goeie keuse.
Lees ook: Werk só met fyn hare
Sê ja vir assimetrie en tekstuur
Die heel beste style vir fyn hare is korter pixie style, wat assimetries of in oneweredige (choppy) lae geknip is.
Ligte lae vir skouerlengte hare
Vir die “strand-voorkoms” is skouerlengte hare met ligte lae op jou eindpute ’n goeie keuse. Onthou die regte haarkleur vir jou veltoon is baie belangrik en kan ook jou hare voller laat lyk. Kyk net hoe mooi komplementeer hierdie kleur die snit om die hare voller te laat lyk.
Lees ook: 13 haarwasfoute wat almal maak
Jean Witte, eienaar van Synergy Hair Salon se raad
Kies ’n kuif by jou bob
Hierdie tipe bob style werk goed vir fyn hare, en deur ’n kuif te knip laat jy die styl meer edgy voel, en dit laat jou hare voller lyk.
Kort, met langer hare bo
Hierdie tipe styl waar daar meer lengte bo is en korter onder, laat jou hare dikker en voller lyk en jy kan jou hare glad en netjies dra of meer deurmekaar.
Lees ook: Somerwenke vir jou hare
Onthou ook
- Hou jou hande uit jou hare! Jy het waarskynlik ’n olierige kopvel as jy fyn hare het, en deur die heeltyd aan jou hare te vat, versprei jy net die olie en maak jy jou hare meer olierig en papper.
- Minder is meer; moenie te veel produkte aansit nie, want dit kan jou hare swaar maak en laat pap hang.
- Sit opknapper net op jou haarpunte aan.
- As jy ’n haarmasker gebruik, spoel jou hare goed uit. Een van die beste wenke wat ek al ooit gelees het, is om jou hare uit te spoel tot jy dink jy het alles uitgekry, en dit weer te spoel.
- Droë sjampoe is nie net vir vuil hare nie; dit is wonderlik vir volume wanneer jou hare plat/pap val deur die dag.
- Seewater sproei is ’n goeie keuse vir meer deurmekaar style.
Lees ook: Raad vir olierige hare