Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag deur Corné Greeff. Hooffoto: StockSnap van Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hier is oulike idees wat jy kan probeer vir jou troudag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }‘n Poniestert kan werk vir wanneer jy die bruid is, die strooimeisie of selfs ’n gas. Dit is klassiek en elegant en jy kan dit optooi met ’n strik of selfs met knippies.
ghd wys ons hoe om die perfekte poniestert te skep.
Stap 1:
Plaas jou krultang vertikaal in jou hare voor langs jou gesig, en draai dit na die agterkant van jou nek. (Krul weg van jou gesig af).
Stap 2:
Laat gly die krultang 2cm af, terwyl die hare steeds in die krultang is.
Stap 3:
Doen nou dieselfde met ’n strokie hare aan die anderkant van jou gesig. Herhaal die proses totdat ’n kwart van jou kop aan altwee kante gekrul is.
Stap 4:
Neem nou die hare agter jou ore, en knip dit vas soos aangewys in die foto.
Stap 5:
Krul nou hierdie los hare soos jy vroeër gemaak het met die voorste hare. Die ghd soft curl tong (R2 700) is hier gebruik. Onthou om steedsvan binne na buite te krul, sodat dit in dieselfde rigting gaan krul as jou voorste hare.
Stap 6:
Maak seker die hare is aan altwee kante gekrul. Onthou om nou die hare aan die ander kant in die teenoorgestelde rigting te krul as in stap 5.
Stap 7:
Neem nou jou vingers en kam dit deur jou hare sodat jou krulle losser word.
Stap 8:
Skep volume by jou hare deur die wortels met ’n fyn kammetjie terug te kam. (Die ghd pintail comb (R220) is hier gebruik).
Stap 9:
Maak seker jy doen dit met al die boonste dele van jou hare.
Stap 10:
Neem nou van die voorste hare bokant jou oor en maak dit agter met ’n haarknip vas.
Stap 11:
Neem jou vingers en lig van jou hare bo-op jou kop effens op, om dit bietjie hoogte te gee.
Stap 12:
Maak nou die res van jou hare onder bymekaar, saam met jou boonste hare wat jy vasgemaak het met die knip, en maak dit saam in ’n poniestert met ’n haarrekkie vas. Die poniestert moet in die middel van jou agterkop wees. (Moenie die knip uithaal vir hierdie stap nie).
Stap 13:
Maak nou die haarknip los, dit sal tekstuur vir die hare skep.
Stap 14:
Draai ’n gedeelte van jou hare om die rekkie, sodat die rekkie weggesteek is.
Stap 15:
Gebruik nou ’n kam (die ghd detangling brush (R220) is gebruik) om met ’n terugkam-aksie meer volume in die hare in die poniestert te skep
Stap 16:
Gebruik nou jou vingers en maak die poniestert netjies en trek jou hare styf en reg.
Stap 17:
Gebruik ’n paar mooi knippies en plaas dit in jou poniestert, soos in die foto.
Nog Poniestert-inspirasie:
Poniestert met krale-middelpaadjie:
Poniestert met ‘n groot strik en vlegsels
Die half-op, half-af-styl
Hierdie styl is tans baie gewild en is ’n meer natuurlike voorkoms.
Dit kan werk met lang hare sowel as ‘n bob-haarstyl.
Knippies is tans ‘n groot tendens in die mode- en skoonheidwêreld en ons is gaande daaroor! Dit werk vir diegene met lang én kort hare.
Nog knippie-inspirasie
Hierdie styl is meer formeel en jy kan met vlegsels, krulle, knippies en ander versierings jou eie styl skep. Die bolla hoef ook nie bo op jou kop te wees nie, maar jy kan dit ook laer dra as jy sou wou.
Die laer-bolla:
Die bolla bo-op die kop:
Skep volume by die wortels, sodat die hare nie plat lê nie.
#rrWenk: Jy kan ook ’n mooi knippie in jou hare sit om dit te versier.
Lees ook: Hoe om ’n teruggekamde bob te maak
Al hoe meer bruide verkies deesdae ’n meer natuurlike haarstyl. Krulle is altyd ’n staatmaker en lyk altyd baie mooi vroulik. Hierdie styl werk vir diegene met lang of die met korter hare.
Lees ook: 5 haarstyle vir ‘n moderne voorkoms
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.