kategorieë: HareSkoonheid

Haarstyl-inspirasie vir die feestyd

Haarstyl-inspirasie vir die feestyd deur: Corné Greeff. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die kunstige knippies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Hierdie styl kan werk vir lang of kort hare. Jy kan jou hare effens gladder maak met ‘n haaryster en dan met bobby-pins ’n soortgelyke patroon skep deur die hare bokant jou oor weg te steek (soos op die foto).

Jy kan die styl eleganter maak indien die geleentheid meer formeel is. Gebruik dan eerder knippies met detail soos onder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir diegene met korter hare, is dit dalk die kans om met knippies ‘n “kopstuk” te vorm soos die voorbeeld onder.

Lees ook: Teruggekamde bob: Doen dit so

Lees ook: Maak jy hierdie haarwasfoute?

Half-op-half-af

’n Half-op-half-af styl werk goed as jy min tyd het vir hare doen. Ons hou van die bolla op die kop – dit lyk vars en modern. Jy kan die bolla ook versier met ’n frommelrekkie of die scrunchie, soos almal dit ken.

Indien jy nie ’n bolla-aanhanger is nie, kan jy ’n stringetjie hare agter vleg (soos op die voorbeeld onder), bind dit onder met ’n rekkie vas en maak ’n lint daarom vas om dit mooi af te rond.

Lees ook : 8 goed wat jy moet weet voordat jy jou hare blond kleur

Die bokstert met ’n frommelrekkie

’n Lae bokstert met ’n frommelrekkie is ’n maklike en vinnige haarstyl, en die frommelrekkie laat dit ook sommer modern lyk.

As jy nie ’n frommelrekkie het nie, kan jy ’n serpie of lint gebruik.

Krulle-bokstert

Krul jou hare effens met ’n krultang om daardie strandvoorkoms te kry. Bind vas en vou hare om die rekkie sodat ’n mens dit nie sien nie en steek dan vas. Dit is goed om jou hare nou en dan weg te bind, maar ’n paar los stringetjies hare langs jou gesig kan mooi lyk. Maak net seker dit hang nie oor en in jou oë nie.

Vinnige vlegselbolla

Ons wys jou hoe om hierdie oulike en vinnige vlegselbolla te maak. Klik hier om na die video te kyk.

Lees ook: Wenke vir fyn hare

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

12 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

13 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

14 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

16 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.