As jy fyn, gladde hare het maak dit eers effens taai met mousse of ’n produk wat tekstuur gee. Dié styl werk die beste op langer hare. Jy sal moontlik ’n paar keer moet oefen voordat jy die styl bemeester.
Hierdie tipe haarknope is ook bekend as die “celtic knot”, “infinity braid” of die “sailor knot.”
1. Neem twee stukkies hare, een aan elke kant van jou kop. Maak seker dat jy twee lekker lang stukke het wat lank genoeg is om te knoop
2. Maak ’n lus met een van die stukke
3. Neem die ander stuk en kruis dit oor die ander kant se hare
4. Trek dieselfde stuk hare onder deur die lus
5. Trek dan dié stuk hare deur die lus na die teenoorgestelde kant
6. Trek dit onderdeur die boonste hare op die kant
7. Neem dieselfde stuk en trek dit weer deur die lus
8. Trek aan beide stukke hare om dit stewig te knoop. As jy bekommerd is dat dit nie sal hou nie, steek dit vas met knippies.
As dit steeds “Grieks” is vir jou, loer na hierdie video.