Haarkleur-help! Wat om te doen oor grys hare wat uitgroei deur Suzanne Kotzé. Foto triocean/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Jy was weke laas by die haarkapper en dit wys! Ons is almal saam desperaat …
Hier is raad vir uitgroei-haarkleur, van aanspuitkleur (en waar jy dit NOU kan koop) en selfs ’n paar mooi grys haarstyle vir as jy voel dit is tyd vir uitgroei …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Haarstiliste en salonne vra ons om nie ‘boks’-kleur te gebruik nie, en eerder te wag met die kleur.
Sommige salonne soos Absolut Hair, Claremont, Kaapstad het selfs ’n kompetisie vir die wat braaf genoeg is om hulle uitgroeikleur op sosiale media te wys.
Charles Junior Louw van Hashtag Colour Lounge, Kaapstad sê: “Op die oomblik verkies ek dat mense vir hul haarkappers wag en nie hul eie hare kleur nie. Die wêreld gaan beslis nou deur ’n baie moeilike tyd, maar daar is maniere om jouself mooi te maak sonder kleur.”
Salonne is van die klein besighede wat ook swaar gebuk gaan onder die inperking en het ons steun nodig. As jy ook nog nooit self jou haarkleur gedoen het nie (veral ons blondines) is die kanse goed dat jy dalk meer gaan moet betaal by jou salon om jou kleur te laat ‘regmaak.’
Byt vas!
Lees ook: 8 dinge wat elke vrou moet weet voordat sy haar hare blond kleur
Vir mode, skoonheid en welwees nuus besoek Stylvol
Ons was verheug toe ons sien Dis-Chem, Takealot en Clicks verkoop hierdie L’Oreal Paris Magic Retouch Instant Root Concealer ‘haar’-redders. Pryse wissel van R91-R99,95.
Dit is ’n ou staatmaker, wat ek gereeld gebruik, veral in daardie laaste week voor my salonbesoek. In hierdie geval eintlik maande …
Ek was so bly toe ek ’n vol botteltjie in my kas ontdek gedurende die inperking, want ek sukkel om die blonde kleur in die hande te kry!
Eva Longoria, wat ook ’n segspersoon is vir L’Oréal Paris, wys mooi hoe dit werk. Dit laat jou hare wel effens taai voel, maar dit is die moeite werd!
As jy sukkel om van die kleursproei in die hande te kry, of nie nou geld het nie, is maskara ook ’n oplossing vir donkerkoppe.
Charles Junior van Hashtag Colour Lounge sê dit werk veral goed as jy jou hare vasmaak. “Wend dit aan jou hare op jou haarlyn, soos wat jy maskara sou aanwend, maar sonder om aan jou kopvel te raak.”
Foto: Vladimir Zubkov/istock images
Charles Junior Louw sê oogskadu wat na aan die kleur van jou hare is kan ook werk.
“Maak net seker dit is mat, en nie glinsterend nie. Wend net ’n klein bietje (a little goes a long way) aan op die wortelarea van jou paadje.”
Foto: Lara Hata/istock images
Deur ’n sigsag-paadjie te kam, kan jy ook jou uitgroeikleur opbreek en wegsteek is David Bekker van Tosca Salon, Stellenbosch se raad.
Kies ’n haarserpie en sommer ’n mooi helder lipstiffie en trek die aandag weg van enige uitgroeikleur.
Die serpie hoef nie noodwendig al jou uitgroei kleur weg te steek nie, maar dit breek dit net op en trek die aandag weg van die kleur.
En nee, jy hoef nie soos ń klein dogtertjie of ’n 1950’s huisvrou te lyk met ’n haarserpie nie. Kyk net hoe mooi lyk hierdie bekendes met haarserpies en bande.
Kyk die oulike video oor haarserpies hier en loer hier vir nog raad en idees
Jy dink dalk al ’n rukkie daaraan om jou grys uit te groei, maar was nog nooit braaf genoeg nie. Nou is dalk die tyd?
Kontak gerus jou haar stilis en vra sy/haar raad.
Onthou egter wel dat dit ’n lang proses is.
Jy sal dalk kleurkorrigering nodig hê na die inperking. “Die proses werk amper soos ligstrepies, maar die lig en donker word bymekaar uitgebring sodat dit lyk asof dit natuurlik inmekaarvloei,” sê Charles Junior Louw van Hashtag Colour Lounge.
Lees ook: Raad hoe jy ook ’n sjiek grys haarstyl kan kry
Maye Musk
Die 72-jarige Suid-Afrikaans/Kanadese model (en ma van Elon Musk) het die mooiste glansryke grys styl.
Lees ook: Druk jou persoonlikheid uit met mode – hier is ses ikone wat ons inspireer
Dianne Keaton
Die aktrise se skouerlengte hare lyk gesond en blink. Sy spandeer verseker tyd en geld om haar hare so mooi te laat lyk.
Lees ook: Die mooiste inspirasie vir kort hare
Carmen Dell’Orefice
Carmen Dell’Orefice is ’n Amerikaanse supermodel en aktrise. Sy is 87 jaar oud! Hoe mooi is haar hare en sy nie?!
Baie salonne het spesiale ‘koop nou, gebruik later’ pakkette.
Salonne is klein sake-ondernemings wat nou ons ondersteuning nodig het.
So kry jou salon geld in, en jy spaar geld.
Kontak jou salon gerus en vra of hulle sulke aanbiedings het.
Tosca Salonne
Absolut Hair, Claremont
Wyatt Hair, Johannesburg
Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé en assistent-skoonheidsredakteur en stilis Justine Kroes op Instagram @Stylvol.co.za
of volg hulle Facebook blad Stylvol
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Bestanddele 3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…
Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…
Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay Om by die…
Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.