kategorieë: Ons menseBekendes

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm gaan word vir talle van die inwoners.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wees op die uitkyk uit vir dié vyf kinkels:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • Is daar lig aan die einde van die tonnel vir die Daniels-gesin ná die nagmerrie wat Carlo (Jadon Booysen) vir hulle veroorsaak het? Dit lyk of Carlo besef hy moet die gevolge van sy dade dra terwyl die polisie ook antwoorde by hom soek. Dit het natuurlik vir Nazeem (Irvine van der Merwe) op hete kole . . . 

    ’n Belangrike besluit word dan oor Carlo se toekoms geneem, maar gaan Lee-Ann (Portia Joel) en Wade (Dean Smith) dit net gelate aanvaar?

  • Bianca (Simone Biscombe) kom tot ’n groot besef en besluit dat sy beheer van haar lewe moet neem. Siya (Gantane Kusch) bied aan om Bianca met haar nuwe verslawing by te staan en om in die proses haar te help om ’n nuwe bladsy oor te slaan.

    Kate (Annelisa Weiland) plant ’n saadjie by Riaan (Daniel Coetzee) oor sy verlede met Bianca, maar hy is oortuig dat hul tydjie in die son verby is – boonop glo hy ’n verhouding is die laaste ding waarvoor Bianca nou voor kans sal sien.

    Dit kan egter die begin van ’n nuwe liefdesdriehoek wees, want Siya het ook dalk meer as net vriendskapsgevoelens vir Bianca . . . 

  • ’n Oorlog bars uit tussen Elana (Esther van Waltsleben) en Amore (Antoinette Louw) by Pronk. Dit neem ’n lelike wending want Amore is nie ’n katjie wat jy sonder handskoene aanpak nie.

    Dit hou ernstige gevolge vir Elana in . . .  Sy bevind haarself in ’n baie diep gat, een waaruit sy nie sommer kan klouter nie.

  • Dit lyk of Bridgette (Denise Newman) se ouderdom haar begin inhaal en sy moet ’n paar leefstylveranderinge maak. Skuil daar egter meer agter dit? Terselfdertyd sien Nazeem ’n gulde geleentheid om Bridgette se kwesbaarheid tot sy eie voordeel aan te wend.

  • ‘n Vervreemde familielid van Aiden (Theodore Jantjies) en Gary (Craig Adriaanse) sterf, maar is dit dalk ’n kwessie van “die een se dood is die ander se brood” vir die Booysen-broers?

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Lees ook: Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in Diepe Waters

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

16 minutes Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

49 minutes Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 hour Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 hours Gelede

Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie

Griep en oefen is nie maats nie. Sommige griepvirusse kan selfs jou hartspier aantas en…

5 hours Gelede

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.