kategorieë: VelsorgSkoonheid

Guitige gier – jellieskoonheidsprodukte

Guitige gier – jellieskoonheidsprodukte deur Suzanne Kotzé. Hooffoto:adventtr/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skoonheidsprodukte met ‘n jellietekstuur het saam met die Koreaanse skoonheidsroetine gewild geword. En al is die gewildheid van die tienstap K-skoonheidsroetine aan die afneem, is jellieprodukte glo hier om te bly. Voel jy eers die lekker ligte tekstuur op jou vingers en vel, sal jy weet hoekom!

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor K-Skoonheid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jellieprodukte?

Water is die basis van jellieprodukte en dit gee die produkte ‘n heerlike, ligte tekstuur. Dit word vinnig geabsorbeer en is ook glo minder geneig om jou porieë te verstop.

Jelliegrimering

Hoekom?

  • Die tekstuur is heerlik lig
  • Dit gee pragtige glans
  • Dit is effens deursigtig en lyk baie natuurlik
  • Dit laat jou vel douagtig en gesond lyk
  • Vinnige aanwending met jou vingers.
  • Glinsterende deeltjies “mors” nie

So wend jy dit aan

Jou vingers werk die beste vir die meer loperige teksture. Die meeste van die jelliegrimering word as beklemtoners gebruik. Druk die produk met jou vingerpunte liggies aan jou vel – die hitte van jou vingers sal die produk help versprei en inmeng. Fokus op die dele wat jy wil beklemtoon, soos die C-vorm bokant jou wangbene.

Vermy sponsies – wat die produk net weer kan oplig.

#rrwenk: Onthou, eers jellie, dan afrondingspoeier, anders sit jy met ’n groot nat blerts op jou poeier!

Hier is ’n paar van ons gunsteling- jelliegrimeerprodukte

CHANEL

CHANEL Noir Et Blanc De Chanel Le Gel Pailleté (R835 elk) is ‘n deursigtige jel met mikro-sprankeldeeltjies wat jy op jou gesig of halslyn aanwend. Tik dit met jou vingerpunte aan waar jy wil skitter.

Kyk hier hoe om dit te gebruik.

NYX Professional

Guitige gier – jellieskoonheidsprodukte

NYX Professional Makeup A Bit Jelly Gel Illuminator Luminous (R225, beskikbaar by Clicks). Die  beklemtoner is in drie skakerings beskikbaar, gee pragtige glans en voel heerlik lig.

L.A. Girl

L.A. Girl Glowin’ Up highlighting jellies (R135, beskikbaar by Dis-Chem) gee eers ‘n amper nat glans, en as dit droog word ‘n hoogs gepigmenteerde glans. Dit bevat geen olie nie.

Chick Cosmetics

Chick Cosmetics Jelly Pot (R135 elk, beskikbaar aanlyn by chickcosmetics.com) is in ‘n verskeidenheid metaalskakerings beskikbaar. Mooi om op veral jou ooglede te gebruik, en dit bly lank aan.

Jellienaels

Soek jy #jellynails op Instagram is van die naels so lank en skerp dat jy dit sommer as selfverdedigingswapen sal kan gebruik.

Sparkle Cosmetics het hierdie jellienaels vir ons geskep. Dalk ‘n goeie keuse vir die vakansie, of as jy nie werk nie, want ons voorspel dat die skerp punte jou kan kniehalter!

Foto: Sparkle Academy of Beauty

ProHesion Liquid and Powder Acrylic sisteem (slegs by salonne) is gebruik om die naels te vorm. Die pienk deursigtige effek is geskep met Gelish Soak Off Geli Polish in “Pop-arazzi Pose” kleur.

Mavala

Guitige gier – jellieskoonheidsprodukte

Mavala Jelly Mini Nail Colour Collection (R87 elk, beskikbaar by Clicks & Dis-Chem) skep ‘n amper deursigtige en nat voorkoms.

Velsorg

Jellieteksture in velsorg

Hoekom?        

  • Dit laat nie ‘n taai gevoel op jou vel nie
  • Dit verdwyn/smelt behoorlik op jou vel
  • Dit is hidrerend
  • Gee pragtige glans
  • Bevog jou vel
  • Werk vinnig
  • Ideaal vir sensories sensitiewes wat nie van die gevoel van “produkte” op hul vel hou nie.

Maskers

Dior

Guitige gier – jellieskoonheidsprodukte

Dior Hydra Glow Better Fresh Jelly Mask (R1 055) bevat sitrus- en appelkoospitekstrak (albei skilfer die vel liggies af) en laat jou vel glansend en vars lyk. Die masker werk binne drie minute en dit voel asof dit in jou vel “insmelt”.

Lancôme

Lancôme Rose Jelly Mask (R499) is ‘n aanlosmasker wat werk terwyl jy slaap! Hoera, ons hou van slaapmaskers. Dit hidreer jou vel, hou vog binne en laat jou vel plomper vertoon. Dit bevat hialuroonsuur, rooswater en heuning en laat jou vel sagter en meer soepel voel en lyk.

J.ONE

J.ONE Black Jelly Pack (R435, beskikbaar by glowtheory.co.za) is ‘n donker slaapmasker wat propvol swart bestanddele (soos swart komynsaad en swart bessies) is en hoog in anti-oksidante. Hialuroonsuur help met bevogtiging terwyl niasienamied jou vel helderder laat lyk. Die masker help vir ‘n plomper en fermer vel. Gebruik dit as ‘n bevogtiger of slaapmasker as jy ‘n meer olierige veltipe het, of as ‘n serum as jou vel droog is. Jy kan die masker ook afwas vir ‘n vinnige hupstoot.

Bevogtiger

Clinique

CLINIQUE Dramatically Different Hydrating Jelly (R570) se water-jellie tekstuur voel vars en trek vinnig in, dit bevat geen olie nie en voel nie taai nie. Dit help om die goeie (vog) in te seël en die slegte (soos besoedeling) uit te hou. Dit bevat bestanddele soos sonneblomsade, komkommer en gort wat die sperfunksie versterk en hialuroonsuur wat die vel bevogtig. Gebruik soggens en saans op ‘n skoon gesig as ‘n bevogtiger.

Lyf

Lush

Lush se Shower Jelly voel speels en sensories, so asof jou met ‘n stuk jellie was.

Stort met LUSH Deep Sleep Shower Jelly (R105 vir 100 g) voor jy gaan slaap. Dit bevat laventel en kamille wat glo help om bekommernis weg te streel, en lemoenblomolie wat jou vreedsaam en gelukkig laat voel.

LUSH Whoosh Shower Jelly (R185 vir 240g) bevat sitrus en seekelp wat jou energiek laat voel, asook heuning wat jou vel streel en heel. Dit het ‘n heerlike suurlemoengeur.

As jy ‘n sensitiewe vel het: Albei die stortjels bevat sodium laurel sulphate wat sensitiewe velle kan irriteer.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

10 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

16 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

17 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

18 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

18 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.