Guacamole-slaai met hoender en nachos
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Ons het die mooi, klein spinasieblare met gekleurde stingels gebruik. Gebruik andersins gewone babaspinasie.
- 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
- 4 hoenderborsies, oopgevlek
- sout en gemaalde swartpeper
- 2 avokadopere
- fyn gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- 1 rooi rissie, pitte verwyder en fyn gekap
- 1 rooi ui, gekap
- hand vol koljanderblare, gekap
- 2 hande vol nachos-skyfies
- hand vol baba-spinasieblare
- 1 lemmetjie of suurlemoen, in wiggies gesny
Instructions
1. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Drup die olie oor die hoender en braai vir 4 min. aan elke kant tot gaar. Geur na smaak en skeur in repies.
2. Skep die avokado’s met ’n eetlepel uit hul skille, sny in skyfies en geur met sout en peper.
3. Meng die lemmetjieskil en -sap, knoffel en rissie en roer dit deur die gaar hoender. Geur na smaak.
4. Strooi die rooi ui en koljanderblare oor die avokadoskyfies en sit voor met die hoender, nachos, spinasieblaartjies en lemmetjie- of suurlemoenwiggies.
Meng sommer al die bestanddele as jy die slaai vir baie mense voorsit.
Lees ook: Nuwe voorkoms en internasionale toekenning vir Salsify
Rooi Rose
Lees Meer
Maklike gemmerbier – sonder gis
19/12/2024
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024
Vinnige salmpasta
18/12/2024