kategorieë: TrendsMode

Groot, Groter, Grootste Strooihoede

Groot, Groter, Grootste Strooihoede deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Caroline McClelland

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die somer is amptelik hier en oorgrootte strooihoede is ‘n moet-hê vir hierdie somervakansie. Talle invloedrykes en bekendes, soos Emily Ratajkowski, Tracee Ellis Ross en Bella Hadid, het hul normale grootte hoede vir hierdie hoofbedekkings verruil. Die Deense aktrise en gesig van Balenciaga, Emma Rosenzweig, het selfs op haar troudag so ’n groot strooihoed gedra!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Swembroeke wat by jou figuur pas

https://www.instagram.com/p/Bjs3EmrHNX_/
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Hierdie tendens is deels te danke aan die Franse handelsmerk, Jacquemus, wat die buitensporige hoede in sy La Bomba-versameling vertoon het. Dié handelsmerk het hierdie somer ’n trendsetter geword met sy oorgrootte hoede en die ander uiterste: piepklein sakkies.

Lees ook: 16 maniere om geld op jou klerekas te spaar

Op eie bodem sal jy hierdie groot hoede by Crystal Birch, ’n onortodokse hoedemaker, opspoor. Haar unieke ontwerpe van klassieke hoede is geliefde versierings op die koppe van baie Suid-Afrikaanse modebewustes. Sy het die kuns in Londen gaan bemeester onder die leiding van Noel Stewart en Piers Atkinson, seker twee van Europa se talentvolste hoedemakers. In ons Desember 2018-uitgawe het ons een van haar groot hoede in die modeartikel gebruik. Besoek therealcrystalbirch.com vir nog vele ander keuses en style.

Lees ook: Rokke wat jy nou moet dra

Vir die van ons wat nie so baie aandag wil trek nie en “normale” strooihoede verkies, is daar ’n paar opsies:

Lees ook: Dra helder kleure só

Verskaffers:

Poetry

Foschini

Accessorize

Old Khaki

H&M

#rrMode

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.