kategorieë: Ontspanning

Groot pret in 4D

My eerste kennismaking met 4D was eergistermiddag toe ek na ’n voorvertoning van Guardians of the Galaxy Vol2 gaan kyk het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar 3D-prente jou laat glo die gebeure speel hier voor jou af en mense koes as dit lyk of ’n vuis skielik uit die toneeltjie na jou gemik word, gaan 4 D ’n paar stappe verder. Daar is jou stoel wat vorentoe en agtertoe beweeg as iemand hardloop, of heen en weer skommel as ’n ruimtetuig deur die sterrestelsel zoem. Waai ’n wind, dan voel jy dit, want uit die rug van die leunstoel voor jou word koue lug in jou gesig geblaas of ’n sproeireëntjie. En as ruimtetuie in flitsende ligte ontplof as dit uitmekaar geskiet word, flits die ligte in die muur van die teater skouspelagtig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek en die joernalis in die stoel langs my het kort-kort gegil, maar dit was gille van plesier gevolg deur onbedaarlike lagbuie. Ek dink meer as die helfte van die teater was dalk bemors soos ons springmielies uit die kartonne gevlieg het wanneer ons stoele begin skud het. Dalk waarom ek nie die geure geruik het wat glo ook tydens die vertoning vrygestel is nie. Waarlik ’n multisensoriese ondervinding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het nie die eerste Guardians-prent gesien nie, maar dis maklik om af te lei dat die vervolg baie in die spore, oftewel die ruimtebane, van die eerste prent beweeg. Die spannetjie bewakers van die sterrestelsel baklei ’n bietjie onder mekaar terwyl hulle met hul ruimtetuig deur die hemelruim vlieg om orde en geregtigheid te laat geskied en om te probeer uitvind wie die leier se pa is. Die bewakers is ’n interessante groepie van verskillende planete – die leier Peter Quill word deur Chris Pratt gespeel en die meisie op wie hy verlief is, Gamora, word deur Zoe Saldana vertolk. Die ander bewakers is vreemde gediertetjies soos ’n pratende slim jakkals en ’n klein dom poppie wat soos ’n kruis tussen ’n gemmerbroodmannetjie en ’n handskoen sonder vingers lyk. (Jammer, dat ek so oningelig klink, maar ek ken nie die strokiesboeke waarop die prent gegrond is nie.) Ouerteenwoordigheid is noodsaaklik vir kinders onder 13, maar dié prent sal heelwaarskynlik net soveel deur die ouers as die kinders geniet word. Ek dink egter daar is ’n moontlikheid dat die heel kleintjies – onder ses jaar – bietjie kan skrik vir al die goed wat om en met hulle gebeur.

Guardians of the Galaxy Vol2 begin op 5 Mei 2017 gelyktydig by 4D-teaters in Johannesburg, Kaapstad en Durban draai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: Flieks

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.