kategorieë: Reis

Groot planne vir staproetes

As jou stewels gemaak is vir stap, moet dit jou reguit na die Tuinroete Nasionale Park neem. Die Tsitsikamma deel is vinnig besig om ’n gewilde staproete te word. Drie van die gewildste roetes het reeds die gesogte Groen Vlag-status gekry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die wêreldklas Otter-wandelroete en die Outeniqua-roete het die pas aangegee en die Dolfyn-roete het die derde geword om November die eer te ontvang. ’n Verskeidenheid kriteria is ’n vereiste voor die Groen Vlag- toekenning gemaak kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die staproete-gradering is tien jaar gelede deur die Universiteit van Pretoria ontwikkel. Dit poog om akkreditasie vir die roetes te gee wat nie net aan die standaarde voldoen nie, maar ook die minimum omgewingstandaarde verskaf vir verantwoordelike stappers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Net meer as veertig staproetes in Suid-Afrika is met die status vereer. Om aan die standaard te voldoen, moet akkomodasie, geriewe en diens voldoen aan die minimum standaarde en moet die roetes op ’n omgewingsvriendelike manier bestuur word.

Die Groen Vlag-status onderskei nie tussen “goeie” en “slegte” roetes nie, maar poog om erkenning te gee aan eienaars wat dit verantwoordelik bestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Groen Vlag-roetes help stappers om ‘n ingeligte keuse te maak voor hulle ‘n roete aanpak. As roetes op standaard is en voldoende inligting voor die tyd verskaf, kry stappers goeie waarde vir hulle geld.

Victor Cunningham, seksiebewaarder vir die roetes en wetstoepasser by GRNP sê baie werk is reeds gedoen om al die park se dagroetes voor te berei vir akkreditasie in die nabye toekoms. Volgens Leon Hugo, voorsitter van die Staporganisasie van Suid-Afrika (HOSA) se kwaliteitbeheerkomitee sal al die roetes in die GRNP ge-oudit word om die Groen Vlag-status vanjaar te kry. “Dit sal die eerste gebied en nasionale park in Suid-Afrika wees om dit te ontvang.”

Meer planne oor die volgende drie tot vyf jaar sluit in die integrering van die ou Waterwese en Bosbou Departement se staproetes in die SANParke-stelsel. “Hierdie roetes is in ‘n goeie toestand, maar het onderhoud nodig om hulle op die regte standaard te kry,” sê Cunningham.

HOSA besoek roetes met ’n Groen Vlag-status elke twee jaar om seker te maak hulle voldoen steeds aan die standaarde en vereistes.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

11 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

11 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

12 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

15 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.