kategorieë: Ontspanning

Groot jaar vir die Nels van Boplaas

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Elke familie het sy eie spesiale jare. Vir die Nels van Boplaas Familiewingerde op Calitzdorp, is 2024 een van daardie spesiale jare: Patriarg Carel het pas sy 45ste oes agter die blad en sy dogter, Margaux, haar 18de. Carel is keldermeester en eienaar, Margaux is wynmaker. Boonop is die hele familie nou deel van die wynbesigheid en dis iets wat gevier moes word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Carel is nie verniet al Suid-Afrika se Port-koning gedoop en sy plaas al as die Wynkelder van die Jaar deur Veritas aangewys nie. Hy is ook een van slegs drie wynmakers wat gelykertyd ‘n Kaapse wynmeester en lid van die Kaapse Wynmakersgilde is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Margaux en Carel maak voor die proe begin, van die ouer oesjare oop om asem te haal.

Carel en sy vrou, Jeanne, se ander dogter, Rozanne, behartig die bemarking en verkope en hul seun, Daniel, is nou die plaas se distilleerder. Sy brandewyne en whiskies wen gereeld pryse vir uitstaande kwaliteit. Daniel is die sesde generasie en ook die sesde generasie distilleerder op die plaas, wat sedert 1880 brandewyn stook. Boplaas is die vandag die enigste op die dorp wat dié tradisie lewend hou.

Die gesin het ‘n paar mense genooi om dié mylpaal by Groot Constantia buite Kaapstad te vier. Die rede waarom die funksie by Groot Constantia gehou word, is omdat Carel se ouma ‘n Cloete was: een van die familielede van die Cloetes van Constantia. Aangesien die middagete ‘n erfenisviering was, het die Nels dit goedgedink om die funksie ook met hul erfenis te koppel.

Die vieringe is by Groot Constantia gehou, omdat Carel se ouma familie van die Cloetes van Constantia was.

Die dag was ook nie sommer net ‘n middagete-viering nie: Carel en Margaux het van hul gunsteling ouer wyne saamgebring: stil Portugese kultivars, sowel as ouer Portstylwyne.

Die wyne wat voor middagete geproe is, is van links Boplaas Alvarinho 2023, Touriga Nacional 2022, Gamka Reserve 2020, Boplaas Colheita 2005, Boplaas Cape Tawny Reserve 1995 en die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2006.

Carel het die gaste verwelkom met Verdelho en verwelkomings van Port met tonikum.

Gaste kon ook verwelkomingsdrankies met Port en tonikum geniet. Dis lekker lig en verfrissend.

Daarna het gaste hul nuutste toevoeging: Alvarinho 2023 – ‘n sitrus vruggedrewe witwyn, wat hulle in 2020 geplant het, geproe.

Margaux het vertel: “Dis baie goed ontvang in die Verenigde Koninkryk en die 2024 word binnekort gebottel en is net so goed,” vertel sy. Die Nels het minder as ‘n hektaar geplant om te kyk hoe die druif in die Klein Karoo aard, maar nog ‘n hektaar kom. “Ons kan met eikehoutveroudering ook eksperimenteer in die toekoms, maar vir die eerste oesjaar het ons op ongehout besluit.”

Na 45 jaar het Carel besef die dinge wat belangrik in sy lewe is – in volgorde van belangrikheid – is familie – sy kleinkinders is nou die sewende geslag Nels op die plaas; die vriende wat hy en sy gesin oor die jare gemaak het; bewaring (Boplaas het 5000 hektaar bewaringsgrond); argeologie en oesjare. Hy het gesê hy glo: “As jy jou grond in beter toestand kan los as toe jy dit gekry het, gaan ons baie probleme oplos.”

By oesjare het hy 2000 as ‘n moeilike een uitgesonder weens groot vloede en ook 2016-2018 weens die groot droogte, wat die Klein Karoo geknel het.

“Maar die mense van die Klein Karoo is soos vetplante; ons staan weer op ná droogte,” Het hy vertel.

Goeie oesjare wat vir hulle uitstaan is 1995, 2005 en 2009.

Margaux en Carel het vertel dat Portugese kultivars baie goed werk op die plaas, omdat dit minder water benodig en hittebestand is en ook vroeër rypword. “Portugese kultivars is die kultivars vir die toekoms met klimaatsveranderinge in ag geneem,” meen sy.

Hulle vind dat Muscato al gewilder onder wynliefhebbers word.

Margaux se oë blink as sy oor Touriga Nacional praat. Dis haar gunsteling kultivar en sy het selfs haar meestersgraad oor dié druifsoort afgehandel. Sy sê dis ‘n heerlike koswyn en sy glo mens sal dit in die toekoms al meer op Suid-Afrikaanse wynplase vind – nie net in versnitte nie, maar ook enkelkultivars. Boplaas het twee weergawes in hul reeks. Dis ook een van die komponente in die plaas se gewilde Gamka. Gaste het die 2020-oesjaar geproe: ‘n versnit van Touriga Nacional, Tinta Barocca en Shiraz.

Gamka is Boplaas se vlagskip en vernoem na die rivier wat deur die dorp vloei. “Gamka” is die Xhosa-woord vir leeu. “As die rivier afkom in vloed, dan brul hy soos leeu,” vertel sy.

Daarna het gaste die Boplaas Colheita 2005, Boplaas Cape Tawny Reserve 1995 en die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2006 geproe. Carel het sy Port in die tradisionele Portugese styl begin maak na ‘n reis in 1986 na Portugal.

Daniel het meer oor die plaas se brandewyne vertel wat ‘n eeu gelede op ‘n ossewa deur die klowe vervoer is tot op Worcester, vanwaar dit per trein na die Kaapstad hawe geneem is om per skip na Engeland te reis. Daniel het ongeveer ses jaar gelede by die familieplaas aangesluit. Die Nels het met ‘n besoek aan Amerika, by Hudson Whiskey aangedoen en Daniel het besef whisky is ook ‘n lekker opsie vir hul reeks. “Whisky verouder vinniger en kan vinniger vrygestel word,” en dis vir hom opwindend.

Met middagete van Franschhoek forel en spekboom pesto wat met die Boplaas Gamka Branca Family Reserve 2019 bedien is; kon gaste ook die Karoo lamslende met ‘n Touriga Nacioanl jus saam met die Boplaas Ring of Rocks Family Reserve 2021 geniet.

Met middagete van Franschhoek forel en spekboom pesto is die Boplaas Gamka Branca Family Reserve 2019 bedien.
Gaste het die Karoo lamslende met ‘n Touriga Nacioanl jus saam met die Boplaas Ring of Rocks Family Reserve 2021 geniet.

’n Kaasbord met kase van die Karoo is met Boplaas Vintage Reserve Port van 1986 en 1996 en die Boplaas Caleita 2007 geniet.

’n Kaasbord met kase van die Karoo is met Boplaas Vintage Reserve Port van 1986 en 1996 en die Boplaas Caleita 2007 geniet.

Daarna is potketel brandewyn en whisky (waarvan een in Noble Constantia vate verouder is) bedien.

Lees ook: Spier stel weer sy gewilde wynmaker-aandetes bekend

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

3 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

4 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

1 day Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

1 day Gelede

Red hierdie winter jou vel

Die African Extracts Multi-Purpose Tissue Oil vir jou gesig, liggaam en hare is die perfekte…

1 day Gelede

Die Mej. SA-werklikheidsprogram, ‘Crown Chasers’ keer vanaand terug

Kykers kan uitsien na 'n nuwe aanbieder, nuwe beoordelaars en 'n nuwe groep deelnemers wat…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.