kategorieë: Ontspanning

Groot gebeure by Perdeberg die afgelope twee jaar

Deur  Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Natalie Kühne is een van die wynmakers by Perdeberg Kelder en sy en Chantelle Boucher, bemarkingsbestuurder, vertel ons meer en laat ons ook sommer van die bekroonde wyne proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kelder is in 1941 gevestig en die eerste druiwe in 1942 gepars. Sedert 2010 is dit nie meer ’n koöperatiewe kelder nie.
Natalie Kühne is een van die wynmakers by Perdeberg Wyne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die kelder het in 1941 sy deure as koöperatiewe kelder onder die leiding van die dinamiese Jan Rossouw geopen. Die eerste wyne is in 1942 met die hand gepars en P. Dreyer was die eerste wynmaker. Maar draai die horlosie vinnig aan na 2023. Die kelder is sedert 2010 nie meer ’n  koöperatiewe kelder nie en druiwe word uit uitgesoekte blokke meestal in die Paarl en Swartland gekoop, nadat ’n span wynmakers hul keuses gemaak het vir die wye reeks wat die kelder maak.

Die kelder het in 2005 die bottelmark betree en weggedoen met net bulkwyne lewer. Dis egter die loodsing van die The Dry Land Collection, sekerlik een van die bekendste wyn-etikkete in die land, wat hulle waarlik in die kollig geplaas het. Die kelder wen ook die Beste Produsent by die Michaelangelo-toekennings en loods die Joseph’s Legacy-rooi versnit, om hulde te bring aan Joseph Huskisson, wat in 1956 as eerste voltydse wynmaker aangestel is en ’n deurslaggewende rol gespeel het in die modernisering van Perdeberg se wynmaakmetodes. Hy het Perdeberg die tweede kelder in Suid-Afrika gemaak wat koue gisting gebruik en ander nuwe tegnologieë uit Europa implementeer.

In 2014 word die verouderingskelder ingewy en na Pieter du Toit, een van die langsdienende direkteure vernoem. In 2015 stel Perdeberg die Rossouw’s Heritage-wynreeks bekend om Jan Rossouw, die stigterslid, te eer.

Tydens Covid vier Perderberg hul 80ste verjaardag en waar baie ander mense moedeloos wou wees oor die stand van uitvoere, die verbod op drankverkope en ander struikelblokke wat die pandemie meegebring het, is die kelder weer ’n pionier. Die beperkte hoeveelheid Rex Equus Limited Release Pioneer’s Blend sien die lig. Dit is geïnspireer deur die 80 jaar van kwaliteit en uitnemendheid gevolg deur die pioniers van Perdeberg. Hoewel die wyn deur Franse flair en elegansie beïnvloed word, word dit van vier Bordeaux-kultivars gemaak –  Malbec, Cabernet Sauvignon, Merlot en Petit Verdot – en is dit so trots Suid-Afrikaans as wat kan kom. Dis die kelder se eerste Bordeaux-versnit en het Malbec as hoeksteen.

Die Rex Equus Pioneer’s Blend 2019 is vir die kelder se 80ste verjaardag gemaak.

Nog is het einde niet. Die afgelope twee jaar sien die Soft Smooth Range (SSR) die lig – in blikkies. Hierdie reeks oorbrug die gaping tussen semi-soet en droër wyne; die Classic Selection is uitgebrei en bied enkel versnitwyne met ’n klassieke styl; die Lighthearted-reeks wat laer in alkohol is, word ook as stilwyn in bottels en wyngebaseerde seltzer blikkies vrygestel. Die pragtige etiket met ’n fynboshart gee presies weer wat in elke bottel wyn gaan. Drie Fair trade wyne word onder die nuwe Saam-etiket vrygestel, ’n Chenin blanc, Cabernet Sauvignon en Pinotage.

Die Lighthearted-reeks wat laer in alkohol en dus ook laer in suiker is. Die pragtige etiket met ’n fynboshart gee presies weer wat in elke bottel wyn gaan.

Die Vineyard Collection, ’n wanderlus reeks met niskultivars, bied maklike drinkwyne wat nie jou beursie sal platdruk nie, met witwyne wat ongehout is en rooiwyne wat kort houtveroudering geniet.

Natalie sê die filosofie by Perderberg is sedert 2017 is ’n groter fokus op vruggedrewe, elegante en komplekse wyne, wat nie deur houtveroudering oorheers word nie.

Alle Vineyard Collection rooiwyne word vir 12 maande in vate verouder en die Dryland Collection se rooiwyne vir 18 maande.

Van 2021 is The Vineyard en Dryland-reekse veganis-vriendelik en van 2022 is al die Perderberg wyne  nou veganis-vriendelik.

Om Perdeberg se toewyding tot volhoubare boerderypraktyke te vertoon, word die eerste organiese wyn, die Natuurlik Organic Chenin blanc in September verlede jaar vrygestel. Die druiwe kom uit bosstokwingerde in Darling, wat deur fynbos omring word. Die eerste organiese rooi is ook in die vooruitsig.

Om Perdeberg se toewyding tot volhoubare boerderypraktyke te vertoon, word die eerste organiese wyn, die Natuurlik Organic Chenin blanc vrygestel.

Ander hoogtepunte is die vrystelling van die Enkelkultivar Grenache Noir, wat ’n Dubbelgoud by Veritas ingepalm het; ’n nuwer, byderwetse ontwerp vir die wyn-etikette waar elemente van die kelder se ou logo inkorporeer is met meer moderne style; ’n eerste Chardonnay met baie min houtkontak; en die bekendstelling van Suid-Afrika se eerste wyngebaseerde Selzer in blikkies. Dit het Chenin blanc as hoeksteen en tans is daar suurlemoen en lemmetjie; en gemengde bessies in die reeks.

Die Grenache Blanc, was saam met die Cinsault die eerste enkelkultivar in The Vineyard Collection en is nou in Pick ’n Pay-takke landswyd beskikbaar.

Perdeberg het nou ook vier geregistreerde ou wingerde onder die Old Vine Project (OVP), ’n sertifisering dat wingerde ouer as 35 jaar oud is en Chantelle sê dit is veral gewild én van groot waarde met oorsese bemarking, waar kopers ’n outentieke storie soek.

So tussen die gesels deur, teug ons aan yskoue The Vineyard Collection Chenin blanc Cap Classique 2020, voor ons die The Vineyard Collection Grenache Blanc 2022, Endura Chenin blanc 2020 en twee witwyne uit The Dryland Collection, die 2020 Rossouw’s Heritage, ’n versnit van Chenin blanc, Grenache blanc en Viognier en die nuwe Courageous, ’n houtgegiste (OVP) Chenin blanc 2022 geniet. Na dié heerlike witwyne, besef ek net weer hoekom hierdie kelder hulself die Huis van Chenin gedoop het.

Ons proe die The Vineyard Collection Grenache Blanc 2022, Endura Chenin blanc 2020 en twee witwyne uit The Dryland Collection, die 2020 Rossouw’s Heritage, ’n versnit van Chenin blanc, Grenache blanc en Viognier en die nuwe Courageous, ’n houtgegiste Chenin blanc 2022 geniet.

Die Barrel Fermented Chenin se 2022-oesjaar is pas vrygestel en die naam is heel gepas, Courageous. “Dit sal altyd ’n jaar nadat die druiwe gepluk is, vrygestel word. Dis ’n voller Chenin en ryper, want dit bring 8-10 maande in vate deur. Dis die een wyn wat in parstyd gebottel word, maar dis wat die wyn vra,” gesels Natalie. Sy sê as hy nog drie maande in die bottel kan wees, gaan hy op sy lekkerste wees.

Ons proe daarna uit The Vineyard Collection die Cinsault 2022, Grenache Noir 2021 en Malbec 2020; die Endura Cape Blend 2018 en die kersie op die koek, die Rex Equus Pioneer’s Blend 2019. Natalie vertel die Endura 2018 is ’n Kaapse versnit (dit moet oorwegend Pinotage bevat) en een van die ses Absa Top 10 2022 Perold Cape Blend wenners.

Ons proe daarna uit The Vineyard Collection die Cinsault 2022, Grenache Noir 2021 en Malbec 2020; die Endura Cape Blend 2018 en die kersie op die koek, die Rex Equus Pioneer’s Blend 2019. Natalie vertel die Endura 2018 is ’n Kaapse versnit (dit moet oorwegend Pinotage bevat) en een van die ses Absa Top 10 2022 Perold Cape Blend wenners.

Dis haar gunsteling wyn. “Naas Pinot Noir is ’n ordentlike Bordeaux-versnit vir my heerlik. Daar is net geure wat geen ander versnit vir jou gee nie. Die natuur, die fynbos en die omgewing is in hierdie wyn. Hy kruip in jou mond in en dan ontplof hy. Dis grotendeels Malbec, want dit was ’n uitsonderlike Malbec-oesjaar.”

Daar is net 1941 bottels en 80 Magnums beskikbaar en kopers kan per nommer bestel, as hul verlangde nommer nog beskikbaar is.

Haar raad is dat hul rooiwyne soos die Cinsault en Grenache Noir is heerlike rooiwyne vir die somer of as jy ligter rooiwyn in die winter soek. “Verkoel dit na so 16 grade in die somer en kyk hoe lekker werk dit met jou gunsteling vriende (en geregte)!”

Die hoofman in die kombuis by Eat @ Perderberg is die ervare Robert Hahn wat al regoor die land by groot hotelle en gastehuise ook gekook het.

Na die lekker wynproe, stap ons om na Eat@Perdeberg, wat in April 2019 geopen het. Nou kan wynproewers nie net peuselborde geniet nie, maar volwaardige etes en plattelandse hartlikheid in elke bord kos geniet. Die hoofman in die kombuis is die ervare Robert Hahn wat al regoor die land by groot hotelle en gastehuise ook gekook het. Hy was ook in 1994 vir die presidensiële inhuldiging van president Nelson Mandela, deel van die sjefspan.

Lekker klewerige Asiese hoendervlerkies is ’n voorgereg duisend.
Die 150 gram bief burger met skyfies, is net die beste pasmaat vir die kelder se Malbec, veral as daar buite ’n ligte reëntjie val.

Lees ook: Kaapstad nou op Norwegian Cruise Lines se skeepsvaart-roete

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.