Groot feesmakietie in die volstruisdorp

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, het pas op Oudtshoorn ten einde geloop. Dit het afgeskop met ‘n spesiale openingskonsert en aandmark en afgesluit met ‘n konsert met van die land se voorste kunstenaars wat die verhoog met Nataniël gedeel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

kykNET se eerste ware misdaad-reeks, Niggies, het ‘n aktiveringsprogram gehad by die fees. Van die akteurs wat daarin speel, het met Kabous Meiring gesels en die gehoor kon die tweede episode saamkyk en van die bewysstukke en foto’s en van die stel van die reeks bekyk. Waldimar Pelser, hoof van premiumkanale by M-Net, vertel hier meer oor die reeks.

Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, het gesê: “Ons is dankbaar dat bywoning uitstekend was – in die Feesmark én teaters, asook by areas en aktiwiteite wat gratis in Baron van Reedestraat aangebied is. Wanneer daar na die afgelope jare se statistieke gekyk word, staan vanjaar uit en vergelyk met die beste van die pre-Covid-19-feeste in die onlangse dekade.”

Hy het bygevoeg dat: “Terugvoer van gehore is ook dat die artistieke standaard van produksies uitstekend was en die program ’n ware weerspieëling was van ons belofte, ‘al die ietse, vir elke iemand’. Dit blyk dat die strategie wat ons oor die afgelope jare na die Covid-19-pandemie volg, werk en vrugte afwerp.

“Ons is dankbaar en trots op wat hierdie jaar vermag is en glo dat die fondament gelê is vir ’n volhoubare KKNK vir komende jare. Beplanning en voorbereiding vir die 30ste viering van dié Afrikaanse moederfees het reeds begin en ons sien daarna uit om almal van Saterdag 28 Maart tot Saterdag 4 April op Oudtshoorn te verwelkom,” sluit Theart af.

Wat sal ‘n fees sonder roosterkoek voor die CP Nel Museum wees?
Daar was baie gratis vermaak by die fees en dié kleurvolle karakters van The Psychedelic Theatre het in Baron van Rheedestraat opgetree.

KKNK 2025 is geborg deur Absa, met ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, Checkers, Netwerk24, kykNET, ATKV, Oudtshoorn Munisipaliteit en die Wes-Kaapse regering.

Benewens al die lekker vertonings, is vyf mense in die vermaakbedryf by ‘n spesiale funksie vereer.  Al vyf die vereerdes het diep spore in die kunste getrap – twee aktrises, ’n musiekgroep, ’n musiekmeester met wortels op Oudtshoorn en ’n bekroonde visuele kunstenaar.

Marion Holm het die Kunste Onbeperk-prys vir vertolking ontvang. Haar bydrae tot komedie en ’n eiesoortige stand-up, asook haar werk as aktrise op die verhoog en op TV, het deur die jare oor en oor haar veelsydigheid gewys.

Lee-Ann van Rooi is die ontvanger van die Kunste Onbeperk Kruispunt-prys. Van die begin van haar loopbaan, het Van Rooi nog nooit weggeskram van enigiets nie. Nie uitdagings, grense of haar rol as aktrise, regisseur en mentor nie.

John Theodore ontvang die KKNK-prys vir diens aan die kunste. Theodore is ’n Oudtshoorniet in murg en been. Sy eerste musiekles was by die Holy Cross Convent op Oudtshoorn en nou, dekades later, kan hy terugkyk na ’n luisterryke loopbaan as pianis, leermeester en mentor.

Die Heuwels Fantasties ontvang die Kunste Onbeperk-prys vir innoverende denke. Maar dit is ook elders in die musiekbedryf waar hulle hulle stempel as liedjieskrywers en vervaardigers afdruk. Pierre Greeff is die mede-stigter van Liefde by die Dam, die gewilde musiekkonserte wat die eerste keer in 2016 by Emmerentiadam in Johannesburg gehou is met Kaapstad en Windhoek wat gevolg het en Hunter Kennedy werk al geruime tyd saam met die ATKV op van hulle projekte soos hulle liedjieskryfwinkels en Taalgenoot-RUK EN RYM.

Die feeskunstenaar, Henk Serfontein, is een van die vereerdes en ook benoem vir ‘n Kanna in die afdeling beste visuele kuns-aanbieding vir Die stomme aarde, Hy is ook genomineer vir die Herrie-prys vir innovasie vir Aardmoeder: ’n Uitvoerende tekening wat hy saam met Hannah Loewenthal uitgevoer het.

Henk Serfontein was 2025 se feeskunstenaar. Hy is ’n voormalige wenner die Sasol New Signatures-kompetisie en was ook ’n inwonende kunstenaar by die Cité Internationale des Arts in Paris, asook die Piramidón Center for Contemporary Art in Barcelona, Spanje. Van sy werk is opgeneem is die permanente uitstallings van onder meer Gencor, Rand Merchant Bank, Spier en Absa.

Die vyf vereerdes met hul toekennings.Van links Marion Holm, Henk Serfontein, John Theodore, Lee-Ann van Rooi en lede van Die Heuwels Fantasties. (Foto: Hans van Veen)
(Foto: Hans van Veen)

Die benoemdes vir die Kanna-pryse is ook gister aangekondig. Die Kanna-pryse erken jaarliks uitnemende artistieke bydrae by die KKNK. Vanjaar het die KKNK se onafhanklike Kannapaneel al die ietse beleef, met meer as 100 produksies, waarvan meer as 50 in die Klein Karoo gedebuteer het.

’n Nuwe toevoeging tot die aanbod vanjaar was Blitsteater, ’n kombinasie van Lucky Pakkie en Uitkampteater van ouds. Merwe van Gent is benoem in die kategorie vir beste opkomende kunstenaar of nuweling vir sy optrede in [INDISTINCT CHATTER] en SMIEG, wat ook genomineer is vir beste aanbieding: Blitsteater. more
Joe Barber 25 met David Isaacs en Oscar Petersen is genomineer vir Beste aanbieding: komedie.                       
Tina le Roux is genomineer vir Beste ontwerp en/of tegniese bydrae vir beligtingsontwerp van Isidlamlilo/The Fire Eater, die eenvrouvertoning met Mpume Mthombeni wat vir beste vroulike speler in ’n hoofrol genomineer is en stuk is ook genomineer vir beste aanbieding: toneel en Neil Coppen vir beste regie. more
René Cloete is genomineer vir beste vroulike speler in ’n hoofrol in Wag!   
Ont is benoem vir beste aanbieding: toneel; beste debuutwerk; beste manlike speler in ’n hoofrol: Wian Taljaard en beste regie: Wessel Pretorius.
Joshwin Dyson is benoem in die kategorie vir beste opkomende kunstenaar of nuweling vir sy optrede in Laaitie mettie biscuits en Stephanie Baartman vir beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol in dieselfde toneelstuk.      more
Diek Grobler is genomineer in die afdeling Beste opkomende kunstenaar of nuweling vir sy animasiekuns van die produksie, Die gevlerktes. Hy het dit saam met Mareli Stolp op klavier aangebied.
Rylan Lemmetuis is benoem in die kategorie vir beste opkomende kunstenaar of nuweling vir sy optrede in beHOORNlik.
Cape Ballet Africa se nuwe werk deur ’n trio van gevierde Suid-Afrikaanse choreograwe, SALT, is ’n driedelige program met balletwerke deur Kirsten Isenberg, die veelbekroonde choreograaf Mthuthuzeli November en Michelle Reid. Dis vir ‘n Kanna genomineer: Beste ensemble. more
Bach & Beatles met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (tromme) is genomineer vir Beste aanbieding: kontemporêre musiek. Hier leef Charl hom lekker in die musiek in. more

Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller wat vanjaar by die KKNK op Oudtshoorn gedebuteer het, is vir tien Kannas benoem. Dié produksie is Wordsmith’s Theatre Factory (Hennie van Greunen en Pedro Kruger se produksiemaatskappy) se eerste stuk by die KKNK sedert 2017 en is onder meer vir beste debuutwerk en beste toneelaanbieding benoem. Die 13-jarige Judi Hattingh is benoem as beide beste vroulike speler in ’n hoofrol en beste opkomende kunstenaar of nuweling, met verskeie spelers (Cintaine Schutte, Stian Bam en Bianca Flanders), die stelontwerp (Rocco Pool), uitnemende literêre bydrae vir die nuutgeskepte teks en regie (Van Greunen) wat benoemings ontvang het.

Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller is vir tien Kannas benoem. Die 13-jarige Judi Hattingh is benoem as beide beste vroulike speler in ’n hoofrol en beste opkomende kunstenaar of nuweling, met verskeie spelers (Cintaine Schutte, Stian Bam en Bianca Flanders), die stelontwerp (Rocco Pool), uitnemende literêre bydrae vir die nuutgeskepte teks en regie (Van Greunen) wat benoemings ontvang het. Bo is Cintaine en Judi. more

Die debuutkomedie ‘KUNS’ is vir nege Kannas benoem, insluitend beste debuutwerk, beste toneelaanbieding en beste ensemble. Die teks deur die gevierde Franse skrywer Yasmina Reza is vertaal uit Frans na Afrikaans deur Naòmi Morgan, wat benoem is vir uitnemende literêre bydrae. Marthinus Basson is benoem vir beste regie, asook beste ontwerp en/of tegniese bydrae vir sy stelontwerp en die akteurs Ludwig Binge, Wessel Pretorius en Wilhelm van der Walt is elkeen benoem vir beste manlike speler in ’n hoofrol.

Die debuutkomedie ‘KUNS’  is vir nege Kannas benoem, insluitend beste debuutwerk, beste toneelaanbieding en beste ensemble. Die akteurs Ludwig Binge, Wilhelm van der Walt en Wessel Pretorius is elkeen benoem vir beste manlike speler in ’n hoofrol.

Moedswil en muitery, ’n debuutsatire uit die pen van bekroonde skrywer Ingrid Winterbach, is ook benoem vir nege Kannas, waaronder beste debuutwerk, beste toneelaanbieding en beste ensemble. Winterbach is benoem vir uitnemende literêre bydrae vir haar nuutgeskrewe teks, Tinarie van Wyk Loots vir beste regie en die spelers (Albert Pretorius, Brendon Daniels, Dean John Smith en Nicole Holm) is elkeen benoem vir vertolkingpryse in die akteurskategorieë.

Die volledige lys benoemdes is op KKNK se webwerf beskikbaar.

Moedswil en muitery, ’n debuut-satire van Ingrid Winterbach, is ook benoem vir nege Kannas, waaronder beste debuutwerk, beste toneelaanbieding en beste ensemble. Winterbach is benoem vir uitnemende literêre bydrae vir haar nuutgeskrewe teks, Tinarie van Wyk Loots vir beste regie en die spelers (Albert Pretorius, Brendon Daniels, Dean John Smith en Nicole Holm) is elkeen benoem vir vertolkingpryse in die akteurskategorieë. Bo is Albert, Brendon en Dean John Smith in aksie.

Die Kannas word op 15 Mei by ‘n geleentheid in Kaapstad aangekondig.

Die 30ste KKNK word aanstaande jaar van 28 Maart tot 4 April op Oudtshoorn gehou.

Al die foto’s deur Clifford Roberts is geneem op die nuwe Canon EOS R10. Daar is geen ongewenste kliek-geluide in die donker teaters nie en die kamera is baie vergewensgesind in swakker ligtoestande.

Lees ook: La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele   Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…

1 hour Gelede

‘Suidooster’ storm voort met hul immergewilde Stomsterk-konsert!

Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.  …

2 hours Gelede

Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…

3 hours Gelede

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

3 hours Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

4 hours Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.