Grondboontjiebotter-hoemoes met krakerige saadjies en blombrood
Grondboontjiebotter-hoemoes met krakerige saadjies en blombrood
Serves:Genoeg vir 8Cooking Time:Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Grondboontjiebotter-hoemoes met krakerige saadjies en blombrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindie Kriek.
3 blikke kekerertjies, hou 125 ml van die vloeistof in die blik
3 knoffelhuisies
fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
60 ml (¼ k) suurlemoensap
125 ml (½ k) grondboontjiebotter
10 ml (2 t) gemaalde komyn
125 ml (½ k) olyfolie
5 ml (1 t) sout
Saadmengsel
125 ml (½ k) pampoensaad
125 ml (½ k) sonneblomsaad
125 ml (½ k) sesamsaad
125 ml (½ k) amandelvlokkies
30 ml (2 e) heuning
25 g (2 e) klapperolie
3 murgpampoentjies, in dun stroke gesny
1 perske, in kwarte gesny
groot hand vol kruisement en basiliekruid
150 g feta
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Hoemoes: Verwerk die gedreineerde kekerertjies, knoffel, suurlemoenskil en –sap, grondboontjiebotter en komyn in ’n voedselverwerker.
Voeg die olyfolie en keker-ertjievloeistof in ’n dun straaltjie by terwyl die voedselverwerker aan is en meng tot glad. Geur met sout en meng deur.
Saadmengsel: Meng al die droë bestanddele in ’n mengbak.
Meng die heuning en klapperolie in ’n klein kastrol en verhit oor lae hitte tot net gesmelt.
Voeg die heuningmengsel by die saadmengsel en meng goed deur.
Versprei die mengsel egalig op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Bak vir 15-20 min. tot goudkleurig. Haal uit, meng met ’n vurk en laat afkoel – die mengsel sal bros word namate dit afkoel.