kategorieë: KosGebak

Grondboontjiebotter-en-sjokoladetoffiekoek

Maak 1 groot koek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 525 g (875 ml) koekmeel, gesif
  • 22,5 ml (4½ t) bakpoeier
  • 7,5 ml (1½ t) koeksoda
  • 225 g (225 ml) sagte botter
  • 150 g (180 ml) suikervrye grondboontjiebotter
  • 500 g (2¼ k) strooisuiker
  • 6 eiers, liggies geklits
  • 7,5 ml (1½ t) vanielje-ekstrak
  • 375 ml (1½ k) karringmelk
  • 200 g donkersjokolade, ruweg gekap
  • 2 x hoeveelheid van die basiese roomkaasversiersel
  • 45 ml (3 e) grondboontjiebotter
  • 1 x hoeveelheid basiese sjokolade-ganache

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Roomkaasversiersel

Genoeg vir sowat 3 koppies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• 250 g (250 ml) roomkaas
• 80 g versiersuiker
• 10 ml (2 t) suurlemoensap

Klop die roomkaas glad met ’n elektriese menger. Sif die versiersuiker by en meng goed deur. Meng die suurlemoensap by en meng weer goed.

Sjokolade-ganache

Genoeg vir ¾ koppie

Sit 200 g gekapte donkersjokolade in ’n mengbak. Verhit 160 ml (2/3 k) room tot kookpunt en gooi oor die sjokolade. Roer tot glad en gooi oor die koek.

Gesoute karamelspringmielies

  • 55 g (60 ml) strooisuiker
  • 15 ml (1 e) water
  • 25 g (25 ml) botter
  • 500 ml (2 k) gaar springmielies
  • 15 ml (1 e) goeie seesout

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Smeer 3 x 17,5 cm-koek-panne met botter en voer met bakpapier uit.
  2. Sif die koekmeel, bakpoeier en koeksoda in ’n groot mengbak.
  3. Room die botter, grond-boontjiebotter en suiker saam in die bak van ’n elektriese menger tot liggeel en donserig.
  4. Gooi die geklitse eiers in 4 of 5 toevoegings by die bottermengsel en meng goed tussen elke toevoeging. Skraap die bak van tyd tot tyd skoon.
  5. Voeg die vanielje by en meng goed.
  6. Voeg die droë bestanddele en karringmelk om die beurt by die koekmengsel.
  7. Meng tot glad en vou die sjokolade by.
  8. Verdeel die mengsel eweredig tussen die voorbereide panne.
  9. Bak vir 45-55 min. of tot ’n toetspen wat in die middel ingedruk word, skoon uitkom.
  10. Laat die koek vir 10 min. in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit.

Karamelspringmielies

  1. Gooi die springmielies in ’n groot hittebestande bak.
  2. Meng die suiker en water in ’n kastrol en verhit versigtig oor lae hitte.
  3. Vee die kante gereeld met ’n nat kwassie om alle suikerkristalle op te los. verhoog die hitte sodra die suiker opgelos is, en prut totdat jy ’n goue karamel het.
  4. Trek die pan van die hitte af en gooi die botter vinnig maar versigtig by en skud tot ’n karamelsous vorm.
  5. Gooi die karamel oor die springmielies en roer met ’n lepel deur. Geur na smaak met die seesout.
  6. Meng die roomkaasversiersel en 45 ml (3 e) grondboontjiebotter saam tot glad.
  7. Sny die koeke versigtig middeldeur.
  8. Smeer ’n laag versiersel tussen die koeke. Plaas die ander koeke bo-op en druk liggies vas.
  9. Eindig met versiersel bo-op.
  10. Bedruip die koek met sjokolade-ganache en sit voor met die karamelspringmielies bo-op.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.