Maak 1 groot koek
Bestanddele
- 525 g (875 ml) koekmeel, gesif
- 22,5 ml (4½ t) bakpoeier
- 7,5 ml (1½ t) koeksoda
- 225 g (225 ml) sagte botter
- 150 g (180 ml) suikervrye grondboontjiebotter
- 500 g (2¼ k) strooisuiker
- 6 eiers, liggies geklits
- 7,5 ml (1½ t) vanielje-ekstrak
- 375 ml (1½ k) karringmelk
- 200 g donkersjokolade, ruweg gekap
- 2 x hoeveelheid van die basiese roomkaasversiersel
- 45 ml (3 e) grondboontjiebotter
- 1 x hoeveelheid basiese sjokolade-ganache
Roomkaasversiersel
Genoeg vir sowat 3 koppies
• 250 g (250 ml) roomkaas
• 80 g versiersuiker
• 10 ml (2 t) suurlemoensap
Klop die roomkaas glad met ’n elektriese menger. Sif die versiersuiker by en meng goed deur. Meng die suurlemoensap by en meng weer goed.
Sjokolade-ganache
Genoeg vir ¾ koppie
Sit 200 g gekapte donkersjokolade in ’n mengbak. Verhit 160 ml (2/3 k) room tot kookpunt en gooi oor die sjokolade. Roer tot glad en gooi oor die koek.
Gesoute karamelspringmielies
- 55 g (60 ml) strooisuiker
- 15 ml (1 e) water
- 25 g (25 ml) botter
- 500 ml (2 k) gaar springmielies
- 15 ml (1 e) goeie seesout
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer 3 x 17,5 cm-koek-panne met botter en voer met bakpapier uit.
- Sif die koekmeel, bakpoeier en koeksoda in ’n groot mengbak.
- Room die botter, grond-boontjiebotter en suiker saam in die bak van ’n elektriese menger tot liggeel en donserig.
- Gooi die geklitse eiers in 4 of 5 toevoegings by die bottermengsel en meng goed tussen elke toevoeging. Skraap die bak van tyd tot tyd skoon.
- Voeg die vanielje by en meng goed.
- Voeg die droë bestanddele en karringmelk om die beurt by die koekmengsel.
- Meng tot glad en vou die sjokolade by.
- Verdeel die mengsel eweredig tussen die voorbereide panne.
- Bak vir 45-55 min. of tot ’n toetspen wat in die middel ingedruk word, skoon uitkom.
- Laat die koek vir 10 min. in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit.
Karamelspringmielies
- Gooi die springmielies in ’n groot hittebestande bak.
- Meng die suiker en water in ’n kastrol en verhit versigtig oor lae hitte.
- Vee die kante gereeld met ’n nat kwassie om alle suikerkristalle op te los. verhoog die hitte sodra die suiker opgelos is, en prut totdat jy ’n goue karamel het.
- Trek die pan van die hitte af en gooi die botter vinnig maar versigtig by en skud tot ’n karamelsous vorm.
- Gooi die karamel oor die springmielies en roer met ’n lepel deur. Geur na smaak met die seesout.
- Meng die roomkaasversiersel en 45 ml (3 e) grondboontjiebotter saam tot glad.
- Sny die koeke versigtig middeldeur.
- Smeer ’n laag versiersel tussen die koeke. Plaas die ander koeke bo-op en druk liggies vas.
- Eindig met versiersel bo-op.
- Bedruip die koek met sjokolade-ganache en sit voor met die karamelspringmielies bo-op.